Huisgenoot

HOE VERVAARDIG JOU LIGGAAM BLOED?

- S m -plasm hie

BLOED is ’n hoogs gespesiali­seerde liggaamsvl­oeistof wat soos klein aflewering­sbootjies werk: Dit laai noodsaakli­ke materiaal soos suurstof, suiker en hormone op een plek in jou lyf op en lewer dit by jou selle op ’n ander plek af. Dit vervoer dan weer die afvalstoww­e, soos koolstofdi­oksied, na jou lyf se “asblik” sodat dit uit jou liggaam verwyder kan word. Bloed help ook om jou teen siektes te beskerm. Dit bestaan uit selle en plasma (kleurlose vloeistof). Slagare vervoer suurstofry­ke bloed we weg van jou hart na die res va van jou liggaam, terwyl are su suurstofar­m bloed terug na di die hart vervoer. Die deursn sneemens het sowat 4-6 L bl bloed in hul lyf. Maar wat is bl bloed regtig, en waar kom di dit vandaan? B Bloed word beslis nie in ’n kombuis gemaak nie. Maar nes ’n resep bevat bloed ’ n lys bestanddel­e. Om bloed te maak, moet jou liggaam rooi- en witbloedse­lle, bloedplaat­jies en -plasma meng. Jou liggaam moet ook self hierdie “bestanddel­e” vervaardig. Rooi- en witbloedse­lle en bloed- plaatjies word deur jou beenmurg gemaak. Beenmurg is ’n jellierige stof binne jou beenholtes. Dit bestaan uit vet, bloed en spesiale selle wat stamselle genoem word. Hierdie selle kan in verskillen­de soorte bloedselle verander soos jou liggaam dit nodig het. Nie al jou beenmurg kan bloed vervaardig nie. Dit is hoofsaakli­k die beenmurg in jou rugwerwels, ribbes, sternum (borsbeen), kopbeen en heupe wat dit kan doen. Jy het ook rooi en geel beenmurg; die meeste van ons bloed word in die rooi beenmurg gemaak.

Plasma is meestal water wat jou liggaam verkry uit die kos en vloeistof wat jy eet en drink. Jou lewer verskaf belangrike proteïen wat ook deel van die plasma is.

As jy al dié bestanddel­e saamvoeg, kry jy bloed, ’n noodsaakli­ke deel van jou bloedsomlo­opstelsel. Danksy jou hart ( wat bloed pomp) en are (wat die bloed vervoer) kan jou hele liggaam van kop tot tone bloed kry.

 ??  ?? Bloeddruk het te doen met hoe sterk jou bloed teen die kante van jou are druk. Die bloeddruk van die bloed wat weg van jou hart na die res van jou lyf vloei, is baie hoër as die bloed wat terug na jou hart vloei.
Bloeddruk het te doen met hoe sterk jou bloed teen die kante van jou are druk. Die bloeddruk van die bloed wat weg van jou hart na die res van jou lyf vloei, is baie hoër as die bloed wat terug na jou hart vloei.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa