G’N JAMMER OOR MY ‘SWARTHEID’
Twee jaar nadat haar ouers onthul het sy is wit, vertel die eens gewilde menseregteleier Rachel Dolezal hoekom sy as swart beskou wil word en van die stryd wat sy steeds voer
EENS het mense aan haar lippe gehang. Rachel Dolezal was onverskrokke in haar uitsprake oor rassekwessies en ongelykheid. Haar vurige veldtog teen onreg het bewondering afgedwing. As swart vrou het dié menseregteleier immers uit ervaring geweet waarvan sy praat. Altans, so het almal gedink. Maar dis toe glad nie waar nie. In 2015 het Rachel se ouers op TV onthul sy is eintlik wit en nie ’n swart Amerikaner soos sy voorgee nie. Dié onthulling het wêreldwyd woede ontlok, en mense dwarsoor die kleurspektrum het haar bloed gesoek (Blond en wit? Nee, ek’s swart, 25 Junie 2015).
In daardie stadium het Rachel as takvoorsitter van ’n gerespekteerde Amerikaanse burgerregteorganisasie ’n hoë profiel gehad. Ná die onthulling is sy uitgekryt as leuenaar, bedrieër, dief en iemand wat haar ras vervals. Sy het haar werk en geloofwaardigheid verloor; algaande het mense van haar vergeet.
Niemand kan ooit ná so ’n groot skandaal weer op hul voete kom nie, sou jy dink. En tog, hier is sy nou twee jaarj la- ter in ’n hotel in Kaapstad, ’n effens sonbruin vrou met ligbruin vlegsels. En sy wil vir niks ver skoning vra nie; inteendeel, sy hou vol sy is onregverdig veroordeel. “Daar is soveel wat mense nie weet nie,” sê Rachel (39).
Quest for Non-Racial South African Society Dialogue het haar as gasspreker hierheen genooi. Haar besoek val saam met die publikasie van haar outobio grafie, In Full Color: Finding My Place in a Black and White World. In die boek verduidelik sy wat haar lewe soos ’n kaartehuis ineen laat stort het.
Dit het begin toe haar ouers, Lawrence en Ruthanne Dolezal, in ’n CNNonderhoud sê sy is oneerlik en vals, vertel sy. Sy is toe gedwing om te bedank as voorsitter van die Spokane-tak van die National Association for the Advancement of Colored People (NAACP) in die deelstaat Washington. Sy het ook haar werk as deeltydse dosent in Afrikastudies aan die Universiteit van OosWashington verloor.
Destyds het sy besluit om te swyg, maar intussen van plan verander. “Ek het nie gevoel dis my plig om my storie te vertel nie. Ek het nie die behoefte ge-