Huisgenoot

KULKUNS MET DIE KAPSELS

- En

Deur JACO HOUGH- COETZEE JANA SMIT

MET die gemak vann ’n verkleurma­nnetjie tjie pas sy haar by die een rol ná die ander der aan. En elke keer r lyk die deurwinter­de rde aktrise Lizz Meiringrin­g anders. In die kykNET-sitkom Molly en Wors het sy y byvoorbeel­d met ’n ligbruin kapsel gespog; spog; vroeër vanjaar het sy met ’n parmantige­ntige rooi skouerleng­te-haredos in die fliek Hoener met die Rooi Skoene verskyn.yn.

Hoe kry sy dit reg? Dit duur sekerliker­lik lank om haar hare te laat uitgroei nadat adat dit kort geknip was; wat nog van all die verskillen­de style en kleure . . .

Nee, dis alles pruike, verklap dié aktrise, die trotse eienaar van sowat 30 pruike waarmee sy vir verskillen­de rolle van gedaante wissel. Sy bêre haar kunshare netjies in bokse in ’n groot sak in haar slaapkamer. “Die pruik hang af van die karakter wat ek speel. Is sy blond? Is sy ’n brunet?” verduideli­k Lizz.

Pruike help haar uiterlik vinnig die karakter word wat sy uitbeeld. “Ek werk van binne af met die karakter, maar ’n pruik help jou ’n gehoor oortuig. Dit gaan ook oor kontinuïte­it – as aktrise vertolk jy rolle van mense met lang hare, kort hare en verskillen­de kleure en style.”

Onder andere as Molly in Molly en Wors, Tossie in die kykNET-sitkom Die Munisipali­teit van Gwarra-Gwarra en as Bonnie in die fliek Hoener met die Rooi Skoene het Lizz ’n pruik gedra.

Sy vertel die luide en spraaksame karakter Bonnie moes lang rooi hare hê. “So ’n boheemse voorkoms,” beduie Lizz en lag haar kenmerkend­e klokhelder laggie. “Koos (Roets, die vervaardig­er) was skepties oor my voorstel van ’n pruik.

“Hy wou hê my hare moes outentiek en oorspronkl­ik lyk; daarom het hy nie gedink ’n pruik sou werk nie. Wel, ek het ’n paar stel toe geneem en hy het gou sy mening oor pruike verander!”

Moderne pruike werk goed met hoë- HOOFFOTO: Pruike help Lizz Meiring vir rolle van gedaante wissel. KLOKSGEWYS (van regs bo): As Bonnie (Hoener met die Rooi Skoene), Tossie (Die Munisipali­teit van Gwarra-Gwarra), Molly (Molly en Wors), Hermoine (Speel) en Madame Sirkus (Lizzie Packet). definisiev­erfilming, sê sy. “Dit is nie meer soos in die begindae nie; toe kon ’n mens dadelik sien wanneer iemand ’n pruik ophet.” Die vervaardig­ing daarvan is verbeter sodat pruike nou natuurlik lyk.

Met die verfilming van Hoener moes die spelers al soggens tussen vier- en vyfuur op die stel wees vir grimering en stilering. “Maar as jy ’n pruik dra, kan die haarstiler­ing al die vorige aand gedoen word. Dit spaar soggens tyd.”

Lizz, wie se hare eintlik donkerbrui­n is, het as dramastude­nt aan Tukkies al begin pruik dra. “Jy kan nie jou eie hare elke keer sny, kleur of afskeer vir ’n rol nie,” verduideli­k sy. Die destydse kunsteraad Truk het selfs mense gehad wie se uitsluitli­ke taak dit was om pruike te maak en te herstel, onthou sy.

Pruike word veral in periodeton­eelstukke en -rolprente gebruik. Ook mans dra pruik om ’n karakter uit te beeld, dikwels saam met ’n snor en baard. En ’n akteur se hare word onder ’n spesiale kap-

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa