Huisgenoot

SLYPER VAN KYK-JUWELE

Vervaardig­er Herman Binge vertel van sy fliek oor Afrikaner-bagasie

- Deur PIETER VAN ZYL Foto’s: MISHA JORDAAN

DIT gebeur nie aldag dat die hele Binge- gesin bymekaar is nie: pa Herman (62), vervaardig­er van flieks en TV-reekse soos Idols South Africa en Boer Soek ’n Vrou, sy vrou, die aktrise Joanie Combrink (58), en hul seuns, Laurie (31) en Ludwig (28). Toe die jongste lid van die gesin die deur van hul Eduardiaan­se huis in die buurt Tamboerskl­oof bo die Kaapse middestad oopmaak, herken ’n mens Ludwig uit kykNET-reekse soos Vloeksteen, Die Byl en Die Boland Moorde. In die nuwe fliek Johnny Is Nie Dood Nie, waarvan Herman die uitvoerend­e vervaardig­er is, skitter Ludwig in die rol van die enigmaties­e Hein. “Hallo, stap deur. Herman is op die stoep,” nooi hy jou binne voor hy weer verdwyn.

In dié huis met sy kleurglasv­ensters en vloere van donker hout woon Afrikaanse adel van die vermaakbed­ryf. Oral hang kunswerke. Baie daarvan is geskilder deur Herman se stiefpa, Christo Coetzee. Ook sy oorlede ma, Ferrie, was ’n skilder.

Op die stoep wat op Tafelberg uitkyk, tref jy Herman aan. Met sy grys baard lyk hy soos ’n goedige Kersvader, een met ’n sak vol televisier­eekse en flieks vir Suid- Afrikaanse kykers. “Waar is Ludwig? Waar is Joanie?” vra hy. “Hulle is albei goed met verdwyn.”

Al is die twee akteurs in die gesin ge- durig op die verhoog of voor die kameras, verkies hulle om uit die kollig te bly, vertel hy. En vra ’n mens hulle uit oor hul nering, doen Herman, wat gewoonlik agter die skerms werk, meestal die praatwerk.

Hy gaan soek sy seun en vrou iewers in die buik van die huis en kom te voorskyn met soetkoekie­s, biltong en neute. Joanie en Ludwig kom sluit by hom aan.

Die aktrise wat in die 1980’s en ’90’s ’n bekende gesig op die kassie was, is vandag nog net so sprankelen­d soos toe sy destyds die hoofrol vertolk het in die gewilde reeks Sterretjie.

“Ons kon nie in Johannesbu­rg inkopies doen sonder dat die meisies by die betaalpunt Sterretjie herken nie,” vertel Herman. “Dan sou hulle sê: ‘Kom betaal hier by my. Ek wil met Sterretjie gesels.’ ”

“Ag, dit was meer op die platteland waar ek herken is,” stry Joanie. “Deesdae is ek meer op die verhoog vir die Woordfees en KKNK,” vertel sy.

Dit was juis terwyl sy in die toneelstuk Eet Alles deur die dramaturg Malan Steyn gespeel het dat Herman besluit het dit moet ’n rolprent word. En nou, 15 jaar later, draai Johnny Is Nie Dood Nie eindelik in teaters.

Dit speel af in die laat 1980’s en weer in 2002. Die Sondag ná die sanger en liedjieskr­ywer Johannes Kerkorrel (oftewel Ralph Rabie) se selfdood daardie jaar braai vier vriende saam. Hulle herleef hul studenteda­e op Stellenbos­ch in die tyd van Johannes en sy Gereformee­rde Blues Band se Voëlvry-beweging. Een van die karakters is ’n Huisgenoot-joernalis, Anja (gespeel deur Ilana Cilliers), wat op lêers van die veiligheid­spolisie afkom.

Herman beskryf dit as “’n klein storie wat groot kwessies aanroer oor ons verlede en toekoms, oor skuldgevoe­lens weens dinge waarby ons nie eintlik betrokke was nie”.

Dan verduideli­k hy: “Ons as Afrikaners dra baie bagasie met ons saam . . . Soos ’n alkoholis moet ons erken ons het ’n

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa