Huisgenoot

DÍS STYL OP ’N NUWE PEIL!

-

BY DIE voordeur van ’ n Kaaps-Hollandse huis op Somerset-Wes staan ’ n sonneblomg­eel rottangsto­el soos ’ n verwelkome­nde drukkie. Met die intrapslag kom ’ n mens agter hier woon iemand met ’n besonderse oog vir styl en ’n aanvoeling vir die dramatiese. Dis dan ook die tuiste van die man wat verantwoor­delik is vir van die swierigste troues en glansrykst­e onthale in die land. Aleit Swanepoel, ’n gewilde geleenthei­dsbeplanne­r, het sy stempel afgedruk op die spogtroues van die voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss met D’Niel Strauss en van die sakemagnaa­t Christo Wiese se dogter, Clare, met Marco Wentzel.

“Hy sit die styl in leefstyl,” lui die bemarkings­preuk vir sy kykNET-program, Tyd met Aleit. Daarin wys hy hoe ’ n mens van enige kuier ’n besonderse geleenthei­d kan maak wanneer hy met sy mandjie vol verrassing­s bekende Suid-Afrikaners se huis besoek, van die voormalige Mej. Suid-Afrika Amy Kleinhans-Curd tot die sanger Refentse en die TV-persoonlik­heid Elsabé Daneel.

Hier in sy lekkerleef­huis, ’n hanetree van die Wieses se Lourensfor­d-wynlandgoe­d, begin Aleit (43) dadelik skilderye teen die mure regskuif.

“’n Mens sien altyd die in jou huis wanneer mense kom kuier,” verduideli­k hy.

Elke muur hang vol kunswerke. Een is ’n blou-en-wit skildery van ’n pa en dogtertjie. Aleit het dit op Hermanus gekoop twee jaar voor hy en sy eksvrou, Madri le Roux-Moriz, ’n baba van Kongolese afkoms by geboorte aangeneem het. Kateline is nou agt jaar oud.

“Eers later sien ek toe dit lyk nes Kateline en soos ek met my neus en tande,” vertel hy verwonderd oor dié vreemde toeval.

Pa-wees is vir hom net so ’n verrykende rol as om spoggerige geleenthed­e te beplan. “Dis asemrowend om pa te wees, maar dis ook Jy het soveel verantwoor­delikhede teenoor hierdie mensie. Gee jy genoeg? En met ‘ gee’ bedoel ek tyd.”

Dit steek hom dwars in die krop wanneer mense sê “dis so gaaf wat jy vir haar doen, dat jy haar aangeneem het”.

“Maar dis eintlik ek wat deur haar geseën word,” sê Aleit. Deur Foto’s:

 ??  ?? HOOFFOTO: Die geleenthei­dsbeplanne­r Aleit Swanepoel is op sy gelukkigst­e by sy huis op Somerset-Wes. Sy Maine Coon-kat Gaia sit op sy skoot. PIETER VAN ZYL JACQUES STANDER
HOOFFOTO: Die geleenthei­dsbeplanne­r Aleit Swanepoel is op sy gelukkigst­e by sy huis op Somerset-Wes. Sy Maine Coon-kat Gaia sit op sy skoot. PIETER VAN ZYL JACQUES STANDER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa