Huisgenoot

DÍT WAS DIE LAASTE STROOI

Ses maande ná die aankondigi­ng dat Brad en Angie gaan skei, het ’n ingeligte vertel van die hewige rusie wat haar laat pad vat het

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

MAANDE nadat hul skokskeidi­ng Hollywood se goue gesin uitmekaarg­eruk het, het die stof eindelik gaan lê – tot nou. Ná die aankondigi­ng dat hulle gaan skei, het Angelina Jolie en Brad Pitt ter wille van hul ses kinders uit die kollig gebly en die stilswye bewaar.

Maar nou, ses maande later, het nuwe inligting bekend geword oor die rusie aan boord van ’n privaat vliegtuig wat die laaste spyker in die glanshuwel­ik se doodskis was.

Dié 12 uur lange vlug van Frankryk na Los Angeles saam met Maddox (15), Pax (13), Zahara (12), Shiloh (10) en Knox en Vivienne (albei 8) was vir Angelina (41) die laaste strooi, vertel ’n bron wat vroeër na aan die vervreemde egpaar was aan Us Weekly. Op daardie rampspoedi­ge aand in September verlede jaar het Brad (53) “baie gedrink, iets wat nie juis vir hom ongewoon was nie”.

Gefrustree­rd met haar besope man het Angie sowat ’n uur voor hul straler op die Falls Internasio­nale Lughawe in Minnesota sou neerstryk om brandstof in te neem vir hom gesê hy moet “ophou drink en nugter word”.

Dit het hom dwars in die krop gesteek. Daarna het die woordewiss­eling in “’n gespanne konfrontas­ie” ontaard. Die egpaar se oudste kind, Maddox , het tussenbeid­e probeer tree – en “dit het lelik geraak”, vertel die bron.

Angelina wou oënskynlik haar kinders uit die situasie wegkry. Toe die vliegtuig regmaak om te land, het sy ’n reiskoördi­neerder in die hande gekry om motors vir die kinders te reël. Tussendeur het sy steeds “die situasie” met haar man probeer “ontlont” en vir hom gesê “hulle kan die volgende oggend oor alles praat”.

Maar die Allied-ster wou “niks weet nie. Hy het op Angie geskree sy kan na ’n hotel gaan as sy wil, maar die kinders moet saam met hom kom.” Die bron sê Angie wou nie die polisie bel nie. “Sy wou nie ’n mediasirku­s hê nie.”

Toe hulle in die stad in die suide van Amerika neerstryk, het Brad van die vliegtuig afgestorm, “op die aanloopbaa­n rondgestap, geskree, gevloek en stoom afgeblaas”. Angie het voorgestel sy en die kinders vlieg verder Los Angeles toe; hy het botweg geweier.

Hul stryery het die vlug vertraag, maar eindelik het die hele gesin weer aan boord gegaan. Die rusie het voortgeduu­r op die vlug van drie en ’n half uur na Los Angeles, met ’n “uitgeputte” Brad wat die meeste van die tyd “stilweg gekook” het.

Maar Angie het besluit genoeg is genoeg. Sy het voortgegaa­n om aparte motors vir haar en die kinders te reël. Daar gekom, het die ses op die aanloopbaa­n “in die motors geklim wat Angie aan hulle uitgewys het en die deure gesluit” voor hulle na hul herehuis in Hollywood Hills vertrek het.

Brad het tjoepstil in ’n ander motor geklim en weggery. Dalk het hy toe besef hy het die stryd verloor of was hy al nugter.

Nadat hulle ’n naamlose wenk ontvang het, het die FBI die volgende dag met ’n ondersoek teen hom begin, maar hom ’n paar weke later van alle blaam onthef. Aan Angie het dit geen verskil gemaak nie; net vyf dae ná hul boaardse rusie het sy ’n egskeiding aangevra.

DIE nuwe onthulling oor wat presies agter geslote deure tussen Hollywood se eens goue glanspaar gebeur het, sal ’n gevoelige slag vir Angie wees. Dié spesiale gesant van die Verenigde Nasies wil bitter graag die

 ??  ?? LINKS: Brad Pitt verlaat ’n ateljee wat behoort aan die Britse beeldhouer Thomas Houseago, sy vriend en mentor. Hy het ’n ruk hier gewoon . BO: Voorbladfo­to’s van sy onlangse onthullend­e onderhoud met GQ.
LINKS: Brad Pitt verlaat ’n ateljee wat behoort aan die Britse beeldhouer Thomas Houseago, sy vriend en mentor. Hy het ’n ruk hier gewoon . BO: Voorbladfo­to’s van sy onlangse onthullend­e onderhoud met GQ.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa