Huisgenoot

COLIGNY: WAAR IS DIE LEIERS?

-

Ek wil my hare uit my kop trek wanneer ek oor Coligny lees. Waar is ons politieke leiers terwyl ’n gemeenskap homself vernietig? Waar is Jacob Zuma, Cyril Ramaphosa en die DA se Mmusi Maimane?

Dekades se wanhoop, woede en frustrasie is onderligge­nd tot die geweld op Coligny. Desperaath­eid gebore uit armoede waaruit mense geen uitweg sien nie. Dekades van politieke beloftes wat nie nagekom is nie. Vrot dienslewer­ing wat mense se lewe versuur. Rassisme is daar sekerlik ook.

Maar dis nie al rede nie. Waar is die politieke leiers? Want die frustrasie wat so diep deur die gemeenskap­pe van Coligny loop, bestaan ook elders in die land. Wat gebeur as die vlamme elders uitslaan? DOEN IETS, CARLETONVI­LLE Ek geniet elke week se Local Is Lekker in Huisgenoot sommer baie. Daar is sulke mooi, talentvoll­e mans en vroue in die plaaslike vermaakbed­ryf. Hulle maak ’n mens trots. Pascal Pienaar is een van my gunsteling­aktrises. Girl, daardie Lindtpaash­aas is ’n groot geskenk (Local Is Lekker, 11 Mei). LENI, SASOLBURG Die Sluipjagte­r, Dibi Breytenbac­h se kortverhaa­l in Huisgenoot van 4 Mei, is die beste storie wat ek in ’n baie lang tyd gelees het. Dibi se potensiaal moet beslis verder ontwikkel word. MARIANNE My kompliment­e aan 7de Laan se skrywers, wat soms riskante aktuele temas in suksesvoll­e storielyne omtower. Die Mej. Volrond Vrou-kompetisie was veral verfrissen­de vermaak. Die Laan het ’n briljante groep akteurs; hulle is almal so netjies en stylvol. En die kameramens­e is voorwaar meesters. Ons waardeer wat julle almal doen. ETTIENE EN YOLANDI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa