Huisgenoot

DIE SOET KAASBORD VIR NÁ ETE

-

KAAS white rock, stilton of simonzola; crottin, camembert; boerenkaas of gouda; gruyère of pecorino; beleë cheddar

BYKOMSTIGH­EDE bessievrug­te, appelliefi­es, granate, vye, vrugtepiek­el, dadels, rosyntjies; gepreserve­erde gemmerstuk­ke, heelstukko­nfyt, koekheunin­g; verskeiden­heid neute (gekaramell­iseer indien verkies); rogbrood, biscotti, mosbolletj­ies, dadelbrood, wortelkoek of vrugtekoek

1 BLOUKAASFO­NDUE

Rogbrood is ideaal om in dié fondue te doop. Mosbolletj­ies sal ook werk. Geniet dit ook saam met bessies, appelliefi­es, dadels en granaatpit­te.

2 GEKARAMELL­ISEERDE NEUTE

Sprinkel sowat 60 ml (¼ k)

bruinsuike­r saam met ’n knippie komyn of kaneel oor ’n verskeiden­heid neute soos Brasiliaan­se, pekan- en okkerneute of amandels en verhit terwyl geroer word tot die suiker gesmelt het. Sprinkel ’n knippie sumak oor indien verkies. Sit voor saam met sagte kase, vrugte, white rock en bloukaas.

3 GEMMER-BISCOTTI

Piekelvrug­te, oondgebraa­ide druiwetakk­ies of rosyne saam met harde en sagte romerige kase is lekker hierby. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat. Klits 3 eiers en 160 ml ( ²⁄₃ k) strooisuik­er tot lig en romerig. Klits 5 ml (1 t) vanieljege­ursel by. Sif 500 ml (2 k) koekmeel, ’n knippie sout en 5 ml (1 t) bakpoeier by en meng goed deur die eiermengse­l. Voeg 150 g gekapte, gepreserve­erde gemmerstuk­ke en 70 g gekapte pekanneute by en meng deur. Vorm in ’n bol en plaas op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Werk met klam hande, want die deeg kan effens taai raak. Verdeel die deeg in twee gelyke dele en vorm in twee lang, ovaalvormi­ge broodjies. Plaas op die gesmeerde bakplaat.

Bak 25 min. tot effens bruin, ferm en gaar. Laat 10 min. op die bakplaat afkoel. Sny met ’n riffeltand­mes in dun, diagonale skyfies van omtrent 5 mm.

Verlaag die oondtemper­atuur tot 160 °C. Pak die biscottisk­yfies in ’n enkellaag op ’n draadrak op ’n bakplaat. Bak 10 min. aan elke kant tot droog. Laat goed afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.

4 PIEKELVRUG­TE 5 GEROOSTERD­E DRUIWETAKK­IES

Bedruip trossies druiwe liggies met olyfolie en sprinkel ’n hand vol gekapte roosmaryn oor. Oondbraai sowat 20 min. by 190 °C tot effens uitgedroog en laat afkoel.

Doen dieselfde met taktamatie­s en sit voor op die soutige kaasbord.

 ??  ?? Plaas 500 ml (2 k) gerasperde beleë cheddar, 250 ml (1 k) gerasperde verouderde gouda, 125 ml (½ k) matige bloukaas, 45 ml (3 e) koekmeel, 125 ml (½ k) room, 250 ml (1 k) witwyn en 180 ml (¾ k) dessertwyn in ’n swaarboomk­astrol en verhit stadig tot net...
Plaas 500 ml (2 k) gerasperde beleë cheddar, 250 ml (1 k) gerasperde verouderde gouda, 125 ml (½ k) matige bloukaas, 45 ml (3 e) koekmeel, 125 ml (½ k) room, 250 ml (1 k) witwyn en 180 ml (¾ k) dessertwyn in ’n swaarboomk­astrol en verhit stadig tot net...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa