Huisgenoot

NATANIA VAN HEERDEN

Die gesoute aktrise (51), wat al drie dekades toneelspee­l, is nou in twee gewilde TV-reekse te sien

- Deur TARRYN JOSEPHS

Vertel ons van jou karakter in die kykNETreek­s Sara Se Geheim.

Nicola is ’n suksesvoll­e binnehuisv­ersierder. Sy is sterk en gedrewe, maar eensaam. Al gee sy aan die wêreld voor sy en haar man, Johan (Dawid Minnaar), is die perfekte paartjie, voel sy vervreemd van hom en magteloos omdat sy nooit weet wat in sy kop aangaan nie. Sy kom ook glad nie goed oor die weg met hul huishulp, Sara ( June van Merch), nie en is stilweg jaloers op die goeie verhouding wat haar dogter, Inge (Lise-Marie Richardson), deur die jare met Sara opgebou het.

Is daar enige ooreenkoms­te tussen jou en Nicola?

Glad nie. Ek sal nie ter wille van my status of ander mense se mening ’n masker dra nie. Dit vererger net die spanning wat in jou ophoop. My verhouding­s met my vriende, familie, kinders en man is oop en eerlik. As daar fout is, sal ek karring tot die waarheid uitkom.

Snaakse oomblikke op die stel?

André Weideman (Ebert) het telkemale aan sy pasta gestik en/ of met ’n mondvol gesit toe dit sy beurt was om te praat. Dit het ons laat lê soos ons lag.

Is daar enige ooreenkoms tussen die karakters wat jy nou op TV speel (Nicola en die sielkundig­e Melinda Steyn in die tweede seisoen van Swartwater op SABC2)?

Albei is sterk maar eensame vroue. Nicola se man en Melinda se seun skeep hulle af. Albei hunker na liefde en toenaderin­g.

Wou jy nog altyd in die vermaakbed­ryf wees?

Ek wou kleuterond­erwys gaan studeer, want ek is mal oor kinders. Maar my ma, Wilma van Heerden, het ná matriek in 1983 voorgestel ek studeer drama. Ek het by die Universite­it van Pretoria vir ’n oudisie gegaan, dit geslaag en drama toe ernstig begin opneem.

Vertel ons oor die liefde in jou lewe.

Ek en Martin Barnard (48), ’n IT-spesialis, het mekaar in 2012 ontmoet nadat ek hom vir ’n blind date genooi het. Hoewel hy my teenpool is, het ons dadelik gekliek. Hy is ’n taamlike introvert met bitter goeie maniere, en ek het geen skaamte nie. Ons is onlangs getroud.

Waarmee is jy alles besig?

Ek besit en bestuur ’n koffiekroe­g in Lynnwood, Pretoria. Ek het dit geopen nadat ek aan die einde van 2011 by die sepie Villa Rosa bedank het om iets meer standvasti­gs te doen.

Wat doen jy in jou vrye tyd?

Ek bring tyd saam met familie en vriende deur. Ek is lief vir onthaal en hou ook daarvan om net tuis te wees en Martin vir myself te hê.

Wat was van die hoogtepunt­e in jou 31 jaar in die toneelbedr­yf?

My drie jaar van 1987 tot 1990 by Truk (die destydse Transvaals­e Raad vir die Uitvoerend­e Kunste) was beslis die hoogtepunt wat teater betref. Om met mense soos Wilna Snyman en Petru Wessels te kon saamwerk was ’n voorreg. My rol as Mariana Landman in die kykNET-reeks Kruispad was ook ’n hoogtepunt; dit was ’n baie uitdagende rol.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa