ONDANKS ALLES
Drie nuwe boeke oor en deur bruin mense ontroer en lig in
A L WAS ’n wit Suid-Afrikaner voor en ná 1994 teen apartheid gekant, het sy velkleur hom teen die armoede beskerm waarin niewit mense weens apartheid gedompel is.
Dit besef ek duideliker as ooit toe ek onbepland in een week drie boeke lees waar dié armoede ’n tema is: Lied vir Sarah, Jonathan Jansen se boek oor sy ma; Ons Kom van Vêr – Bydraes van Bruin Afrikaanssprekendes Se Rol in die Ontwikkeling van Afrikaans; en God Praat Afrikaans deur die rapper HemelBesem.
Agter prof. Jansen, voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat, was Sarah. Sy was ’n skofverpleegster wat dag en nag gewerk het. “Niemand is al ooit dood van harde werk nie,” was een van haar leuses.
Sarah Johnson het in Markstraat 3, Montagu, oorkant die ou Avalon-hotel, grootgeword. Toe hulle as kinders daar by oupa en ouma kuier, onthou Jansen n “’n kasarm van ’n huis” met ’n dubbele e houtdeur, ’n groot erf vol vrugtebome e en langs die pad ’n voor wat warm wa- ter van die berge af deur die dorp lei.
Maar deur die “vernedering van ont- eiening en verplasing” beland die John- sons in die lokasie in ’n donker huisie e sonder lopende water. “Die verlies enn pyn wat hulle so aangedoen is, souu generasies later nog gevoel word.”
Sarah en haar man, Abraham, maak hul kinders, van wie prof. Jansen die oudste is, groot in Tiende Laan 51, “’n hoekhuis, wat beteken dat al die moeilikheid en traumas van Retreat by hierdie munisipale skakelhuis verbykom”.
Jansen beskryf ’n voorval toe hy aan vriende vertel hoe hy altyd gewens het sy ma was by die huis om die kinders weg te sien skool toe en om ná skool daar te wees met koeldrank en toebroodjies. Hy het nie besef sy het agter hom gestaan nie, en toe hy omdraai, was dit net betyds om te sien hoe haar oë vol trane skiet. Hy skryf hoe hy dit berou het toe hy as ouer man die somme doen en besef “sonder haar salaris sou die Jansen-gesin van blote oorlewing na ’n situasie van desperate armoede teruggesak het”.
Die Theron- verslag van 1976 oor bruin armoede praat van “strukturele armoede” wat chronies deel van die verarmde bruin gemeenskap geword het en tot afwykende gedrag gelei het.
In 2016 bespiegel prof. Sampie Terreblanche in ’n artikel in Die Burger dat tussen 30 en 50 persent van SuidAfrikaanse bruin mense steeds in chroniese gemeenskapsarmoede leef.
Die gevolge van armoedegedrewe afwykende gedrag word uitgewys deur Christo van der Rheede in Ons Kom van Vêr. “Dit behels onder meer hoë uitvalskoerse op skoolvlak, die misbruik van dwelms en alkohol, tienerswangerskappe, betrokkenheid by bendes en hoë vlakke van brutale bendeverwante misdade, swak akademiese prestasie en lae toetrede tot tersiêre inrigtings, asook hoë vlakke van vonnisopleggings in verhouding tot ander gemeenskappe.”
HemelBesem is nie een van dié statistieke nie, hoewel hy armoede goed geken en hul gesin met tye in ’n hok gewoon het.
Hy vertel in sy aangrypende outobiografie hoe hulle gespeel het: “Sellotape om ’n tennisbol maak ’n handige krieketba ketbal. Maar jy moet hom aanhoudend sellot sellotape. Knieskutte is stukke ou matras wat met tape vasgemaak word, misk miskien met ’n stuk karton voor.”
Arm Armoede is egter net een van die temas in dié drie boeke. Die goue lyn wat d deur elkeen loop, is die (ware) verhale van oorlewing en oorwinning en prest prestasie ondanks ’n bestel wat onderdruk en ontneem het.