Huisgenoot

Saamteen BOELIES

Die 13-jarige aktrise en sangeres Nicky de Kock het ’n liedjie uitgereik oor afknouery nadat sy self deurgeloop het. Dié leerder van die Laerskool De Hoop op Somerset-Wes buite Kaapstad het met ons gesels

- Deur TARRYN JOSEPHS

Vertel ons van jou ervaring met boelies.

Ná die uitreiking van my album, Meer As Genoeg, en die fliek Vir Altyd (waarin sy die jonger weergawe van Donnalee Roberts se karakter speel) het ek skielik die aandag begin trek van boelies, veral kuberboeli­es. Kinders het baie lelik teenoor my begin optree en goed gesê soos ek is ’n loser omdat ek dink ek kan sing en act. Lelike stories is ook agter my rug versprei. Toe die fliek uitgereik is, het kinders my uitgejou oor my acting. Ek het ook ’n paar onbeskofte WhatsApp-boodskappe ontvang van mense wat ek gedink het my vriende is. Mense het my ook al op Instagram gevloek en baie lelike goed oor my gesê. Daar was ook boodskappe op my YouTube-kanaal, maar my bestuurder het dit verwyder.

Wat was jou reaksie hierop?

Eendag het ek besluit dit kan nie so aangaan nie. Ek het besef as ek ’n lewe in die kollig wil lei, sal hierdie soort gedrag altyd ’n werklikhei­d wees. Ek gaan nie toelaat dat dit my geluk of dié van ander slagoffers van boelies steel nie. Ek wil opstaan vir hulle wat nie so sterk soos ek is nie.

Watter raad het jy vir ander kinders wat geboelie word?

Onthou altyd: Jy is nie die probleem nie; die boelie is die een met die probleem. En as jy ’n teiken word van kuberboeli­es, is dit belangrik om nooit te reageer op hul inskrywing­s in die sosiale media nie – al is dit onwaar en al maak dit ook hóé seer – want dit is presies wat hulle wil hê: ’n reaksie om hul mag en houvas op jou te behou.

Hoekom het jy besluit om die liedjie Saam Staan Soos Een op te neem?

Ons word nie gebore om te boelie, oordeel of diskrimine­er nie; dit is aangeleerd­e gedrag. Boelies doen net wat mense toelaat. Dit is ’n groot maatskapli­ke probleem wat daagliks in alle vorme kop uitsteek. Met hierdie liedjie wou ek, Shaun Tait, Zane en die hip-hop/ rap-duo Afrikaans Ruk slagoffers moed gee om op te staan en saam te staan teen hierdie groot probleem.

Het jy die liedjie geskryf?

Nee, ek was regtig gelukkig dat my bestuurder, Louis van den Berg, sulke talentvoll­e skrywers soos Shaun en Zane bymekaar kon kry. Hulle kon die liedjie ook die regte gevoel gee, want albei weet hoe dit voel om geboelie te word. Ons beplan ’n Engelse weergawe van die liedjie om ’n groter gehoor te bereik.

In Vir Altyd het jy teenoor soveel talentvoll­e akteurs gespeel. Was jy aan die begin ’n bietjie in ’n waas?

Die akteurs en span was die wonderliks­te mense ooit en almal was altyd so behulpsaam met die jong akteurs. Ek het my elke dag verkyk aan elke bietjie detail; ek het nooit besef soveel werk is betrokke nie.

Wie bewonder jy en hoekom?

Ek bewonder Donnalee. Sy is ’n fantasties­e aktrise wat haar bewonderaa­rs met dankbaarhe­id en deernis behandel.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa