Huisgenoot

PROETOETS: JEREMY CLARKSON SE IMPOSSIBLE-SENDING

-

Maar hoe sal hy reageer as ’n Impossible­burger saam met ’n gewone een vir hom by een van sy geliefkoos­de restaurant­e in Londen voorgesit word? Billikheid­shalwe moet ’n mens noem die vegetaries­e burger het vlugvoos gelyk ná ’n 10 uur lange vlug van Los Angeles na Londen waartydens dit nie verkoel is nie. Die sjefs het hul bes gedoen om sy oorspronkl­ike tekstuur en vorm te herwin, maar sy beste dae was verby.

Jeremy het die toets met ’n rits verskoning­s begin en gesê sy smaakknopp­ies kan hom weens die skade van sy jare lange rokery dalk mislei om die verkeerde keuse te maak. Die Impossible- en vleisburge­r is langs mekaar voorgesit, elk in ’n broodrolle­tjie met garnering. Jeremy het aan albei geproe. En ná ’n bietjie kopkrap het hy reg gekies.

“Beesboere wêreldwyd, julle kan ontspan,” het hy triomfante­lik laat hoor. En getrou aan sy aard het hy toe uitgevaar: “As jy ’n vegetariër gaan wees, kan jy nie sê ‘ek wil hê my groente moet soos vleis lyk’ nie. Jy moet aanvaar jy moet soos ’n budjie eet. As daar die een of ander kommersiël­e rede is om dit te doen (om burgers van plante te maak), is dit goed en wel. Maar net vir vegetarism­e? Ga! Gaan eet sade, sit op ’n stokkie en mis op skuurpapie­r. As dit is hoe jy wil leef, is dit in die haak. Moet net nie by my kom kla nie.”

Toe hy oor sy uitspraak gepols word, het Jeremy gesê die Impossible-burger smaak “oukei. Daar is niks fout daarmee nie,” het hy toegegee. En komende van die uitgesprok­e Jeremy is dit hoë lof. Bill Gates en Google het dalk net iets beet.

 ??  ?? As hulle dink Amerika se beesboerev­ereniging gaan ’n doring in hul vlees wees, het Impossible Foods nie met Jeremy Clarkson rekening gehou nie. Die voormalige Top Gear-aanbieder het in ’n onlangse artikel in ’n Britse koerant geskryf die wêreldwye...
As hulle dink Amerika se beesboerev­ereniging gaan ’n doring in hul vlees wees, het Impossible Foods nie met Jeremy Clarkson rekening gehou nie. Die voormalige Top Gear-aanbieder het in ’n onlangse artikel in ’n Britse koerant geskryf die wêreldwye...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa