Huisgenoot

WAT SÊ GRETHA?

-

Haar gay-uitlatings het haar fel kritiek en selfs ’n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregte­kommissie op die hals gehaal. Nou het Gretha Wiid in ’n video op Facebook haar kant van die saak gestel.

Daarin sê sy sy het niks teen gay mense nie, “want dan beteken dit ek verdoem die mense wat baie naby aan my hart is.

“My eie broer is deel van die homoseksue­le gemeenskap. My eie broer is gay en hy het al baie lank ’n lewensmaat.

“Ek het die struggle leer ken. Ek het die alleenheid leer ken. Ek weet hoe die samelewing na dié goed kyk. Ek weet wat die geestelike vraagstukk­e rondom die ding is.”

Daar was veral woedende reaksie op die sogenaame redes wat Gretha aanbied waarom mense gay sou word. Maar dit is nie redes nie, sê sy, wel ‘’scenario’s’’.

Haar broer, deesdae ’n bekende musiekagen­t, kom ook tot sy suster se verdedigin­g.

Hy vertel aan Huisgenoot hy was nog op hoërskool toe ’n paar van die skool se hardebaard­e hom een aand ná ’n sokkie beetkry om hom ’n paar warm klappe te gee omdat hy gay was.

Gretha was daardie aand net so ’n paar treë agter hom. En daardie hardebaard­e het les opgesê toe sy met hulle afreken, vertel hy.

Die broer wil nie sy naam genoem hê nie, sê hy, want hy wil nie ook ‘’geteister’’ word nie.

“Ek is die trotse gay broer van een van die mees formidabel­e vroue wat ek ken. Sy het net liefde in haar,” sê hy. “Sy het nie ’n probleem met gay mense nie. Sy het deernis vir almal in haar lewe.’’

Hy is nie hard gehanteer of heeldag geslaan of gemolestee­r nie – van die ‘’scenario’s ‘’wat Gretha noem as aanleiding tot gaywees. Hy is wel geboelie op skool, “en ek sê nie dit is hoekom ek gay is nie”.

Wat die broer wel weet, is daardie dag toe hy vir sy suster vertel hy is gay, was liefde al wat sy teenoor hom betoon het.

“Gretha het vir my gesê dit is oukei. Sy is lief vir my. En dit sê sy byna elke dag vir my,” sê hy. “Sy het my onvoorwaar­delik aanvaar. Sy het my nog nooit geoordeel nie. Van dag een af was daar net liefde, deernis, respek en meegevoel vir my.”

Vir die broer is dit verregaand­e dat iemand sou sê sy suster is homofobies. Soos wat sy hom ten volle aanvaar en liefhet, het Gretha sy lewensmaat van die afgelope ses jaar ook lief.

“Sy probeer nie maak of dit verkeerd is om gay te wees nie. Sy sê ook nie dit is hartseer as jy gay is nie. Sy sê dit is hartseer as jy gay is en nie ’n ondersteun­ingstelsel het nie, want die lewe kan moeilik raak as jy gay is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa