Huisgenoot

GYS DE VILLIERS (56)

-

“Tyd het nie brieke nie, en dit help nie om te skop en skree teen die jare wat aanstap nie. Al wat jy kan doen, is om die beste van elke oomblik te maak,” sê die bekroonde akteur Gys de Villiers.

TV-kykers het hom leer ken as Barry McGregor in die televisier­eeks Triptiek. Hy het ook al in Binnelande­rs op die kassie verskyn en op die silwerdoek in Verraaiers en Mandela: Long Walk to Freedom. Daarin het hy die rol van oudpres. FW de Klerk vertolk.

Hy is deesdae ’n miljoen keer so gelukkig as ooit tevore, sê Gys, wat die afgelope twee jaar saam met sy vrou, Jaci, in New York woon.

Dit het hom lank geneem om te besef ef hy is op sy gelukkigst­e in ’n vaste verhouding, vertel Gys, wat eers 11 jaar gelede getroud is. “Ek is ’n natuurlike versorger, en in die verlede was dit baie e maklik om sommer om enige rede die hasepad te kies.”

As hy in sy jong dae vir homself iets kon sê, sou dit wees om op te hou drinkk en so gou moontlik New York toe te verrhuis. Hy en Jaci geniet die lewe in die Groot Appel terdeë. Daar het hy al in ’nn paar flieks en TV-reekse gesig gewys.

Niemand is gevrywaar teen die laagtepunt­e van die lewe, soos om vir oudi- sies te gaan en nie die werk te kry nie, maar dit is belangrik om jou nie daardeur te laat onderkry nie, sê Gys.

Hy het nie enige skoonheid s geheimee of -kure nie. Die akteur was van jongs af ’n aantreklik­e bleskop en meen hy het danksy goeie gene goed verouder. Hy drink glad nie meer nie, het ophou rook,k, ontspan en lag meer en gaan stap graagg lang ente.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa