Huisgenoot

DIÉ WEEK IN DIE GESKIEDENI­S

- LARA ATSON

28 MEI 1948: APARTHEID WINK

Die Nasionale Party (NP) onder dr. D.F. Malan wen die algemene verkiesing. Die begin van die NP se 46 jaar lange bewind was ook die amptelike begin van die instelling van apartheid. Dié beleid het in die aanloop tot die eerste demokratie­se verkiesing in 1994 finaal tot ’n einde gekom.

25 MEI 1977: STAR WARS-MANIE TREF DIE WÊRELD

Die eerste Star Wars-fliek verskyn op die silwerdoek. Dié wetenskaps­fiksie-rolprentre­eks met sy bekende karakters soos Han Solo (Harrison Ford), prinses Leia (Carrie Fisher) en Luke Skywalker (Mark Hamill) het sedertdien wêreldroem verwerf. Die fliek het destyds amper R600 miljoen laat inrol, toe ’n rekord by die loket. Met sy spesiale effekte word dit vandag nog beskou as een van die beste flieks van alle tye en het dit ’n belangrike rol gespeel in hoe rolprente vervaardig word. Ook het dit die uitreiking van flieks verander en die era van fliekhande­lsware ingelui – alles van boeke en videospele­tjies tot speelgoed. Die negende aflewering, Star Wars: The Last Jedi, word na verwagting in Desember uitgereik.

27 MEI 1995: DIE ‘SUPERMAN-VLOEK’ SLAAN WEER TOE

Die Amerikaans­e akteur Christophe­r Reeve (toe 42), bekend vir sy rol as Superman, val tydens ’n kompetisie in Culpeper, Virginië, van sy perd af en word verlam van die nek af ondertoe. Hy is in 2004 oorlede. George Reeves, wat in 1951 die hoofrol vertolk het in Superman and the Mole Men, en later in daardie dekade in die TV-reeks Adventures of Superman was, is in Junie 1959 dood in sy huis aangetref met ’n skietwond in sy kop.

25 MEI 2011: OPRAH GROET NÁ 25 JAAR

Die Amerikaans­e kletskonin­gin Oprah Winfrey saai die laaste episode van haar geselsprog­ram, The Oprah Winfrey Show, uit. In haar 25 jaar op die kassie het sy saam met talle sterre gekuier, van Tom Cruise en Will Smith tot oudpres. Nelson Mandela. Oprah besit ’n multimedia-produksiem­aatskappy en het in 2003 die eerste swart vrou in Amerika geword wie se rykdom $1 biljoen (toe sowat R7,5 biljoen) oorskry. Sy het vanjaar weer Time se lys invloedryk­ste mense gehaal. -

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa