Huisgenoot

Maak jou eie tapas-tafel

Spaanse tapas, oftewel deelkos, is deesdae gewild g in vele restaurant­e. Ons wys jou hoe h om jou eie tapastafel tuis te maak

- Resepte en stilering: ESTHER MALAN Foto’s: MEGAN MILLER

LEWER SOWAT 12

KROKETTE Bereiding: 20 min. Verkoel: 3 uur 30 min.

of oornag Gaarmaak: 20 min. KROKETTE 15 ml (1 e) olyfolie 1 ui, gekap 100 g ham, in blokkies

gesny 100 g botter 180 ml (¾ k) meel 625 ml (2½ k) melk 1 ml (¼ t) neutmuskaa­t 250 ml (1 k) gerasperde

cheddar sout en vars gemaalde

peper KRUMMEL 125 ml (½ k) meel vir

uitrol plus ekstra 2 eiers, geklits 250 ml (1 k) growwe

broodkrumm­els olie vir diepbraai Voer ’n vlak bak met kleefplast­iek uit en bespuit met kossproei.

1 Krokette Verhit die olyfolie in ’n kastrol en braai die ui tot goudbruin. Voeg die ham by en roerbraai 1 min.

2 Voeg die botter by en verhit tot gesmelt. Roer die meel by en roerbraai ’n paar sekondes. Verlaag die hitte en voeg die melk bietjies-bietjies by terwyl jy roer.

3 Roer aanhoudend tot die mengsel begin prut en verdik. Haal van die hitte af en roer die neutmuskaa­t en cheddar by. Geur met die sout en peper.

4 Skep die mengsel in die bereide bak en maak bo-op gelyk. Plaas in die yskas en laat 3 uur of oornag verkoel – die sousmengse­l sal stol.

5 Krummel Keer die gestolde sousmengse­l op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en trek die kleefplast­iek af.

6 Doop ’n groot mes in meel en sny die sousmengse­l in 12 lang vingers. Druk jou hande in die meel en rol elke vinger in ’n silinder. Rol die silinders goed in die meel.

7 Doop elke silinder in die eiermengse­l en rol dan in die krummels. Pak op ’n bord en laat nog 30 min. verkoel.

8 Verhit die olie tot warm in ’n klein kastrol vir diepbraai. Braai die krokette in sarsies tot goudbruin en deurwarm (sowat 1 min). Dreineer op kombuispap­ier en sit warm voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa