Huisgenoot

Ons manne verouder soos goeie wyn

Al stap die jare aan, maak Nico en ander bekende mans steeds die knieë lam. Hulle deel hul skoonheid s gehei meen wyshede

- Deur LARA ATSON en MARELIZE POTGIETER

SY VROU noem hom nie verniet “McSteamy” nie. Die gewilde TVaanbiede­r en akteur Nico Panagio laat immers op 43 steeds harte bolmakiesi­e slaan. Hy het trouens soos rooiwyn deur die jare ál beter geword. Hy is nie net ouer, aantreklik­er en wyser nie, maar ook gewilder as ooit.

Oral keer aanhangers hom voor vir ’n geselsie of om ’n vinnige selfie saam met hom te neem. En ná byna twee dekades op die kassie en die silwerdoek is hy nog net so gesog in die vermaakbed­ryf. In Desember is hy in die aksiekomed­ie Vuil Wasgoed te sien. Glad nie sleg vir iemand wat in sy hoërskoold­ae draadjies aan sy tande en puisies gehad het nie.

Deesdae is sy vel vlekloos en porseleing­lad, en die draadjies het plek gemaak vir ’n spierwit supersterg­limlag. Met sy swarten-grys hare en ’n stoppelbaa­rd lyk Nico soos ’n wafferse George Clooney.

Oud word pla hom min, vertel dié pa van twee. “Ek is mal oor grys word. Ek geniet dit. Dit gee tekstuur aan my hare.”

Vandag is hy in ons ateljee in Kaapstad vir ’n fotosessie. “Jy lyk soos ’n jong Richard Gere,” laat hoor ’n nuuskierig­e wat kom in- loer het. “Dit is baie vriendelik van jou. Dankie,” antwoord Nico beskeie.

Dit is juis ouer Hollywooda­kteurs soos Robert Redford (80) wat hom inspireer om die verouderin­g s proses te omhels. “’n Mens kan sien hy raak grasieus oud, sonder botoks,” sê Nico van die silwerdoek veteraan .“Dis so inspireren­d.”

En “McSteamy” (oorspronkl­ik die bynaam van ’n aantreklik­e karakter in die TV- reeks Grey’s Anatomy), die troetelnaa­m wat sy vrou, die aktrise Christi ( 39), hom gegee het? Nico lag uitbundig hier waar hy sit in ’n swart T-hemp en noupypjean­s wat aan sy gespierde lyf kleef. “Solank my vrou so dink, is ek gelukkig,” laat hy hoor terwyl lagplooitj­ies om sy oë kerf.

“Ek voel presies dieselfde oor haar,” voeg hy by. “Ons is al 17 jaar saam en 11 jaar getroud. Dis ’n seëning om nog so verlief te wees. Ek dink wanneer ek 90 is, sal ek nog haar McSteamy wees en sy my honey. Sy raak net mooier met die tyd. En my dogters, Shay (4) en Evah (6), dink ook ek is vreeslik spesiaal.”

Dis juis om hul onthalwe dat hy fiks en gesond wil bly. Hy

boks en hardloop die Kaapse berge uit. “Ek was nou die dag saam met die kinders op die strand en hulle wou hê ek moet hulle jaag. Hulle is mal daaroor.

“Dit is so ’n seëning. Een van my hoofdoelwi­tte is om nog wanneer ek 60 en 70 is my kinders op die strand rond te jaag.”

HY WAS nie altyd so gemaklik in sy eie vel nie, erken Nico. “Terwyl ek grootgewor­d het, het ek puisies aan my gesig gehad. Ek het in st. 9 en 10 (die huidige gr. 11 en 12) draadjies aan my tande gehad en was ongeloofli­k selfbewus,” vertel hierdie oudleerder van die Pretoria Boys High School.

“Maar een van die wonderliks­te goed wat met die ouderdom kom, is dat jy aanvaar wie jy is en hoe jy lyk.

“Ek dink ons moet baie versigtig wees wat ons aantreklik noem. Vir my is iemand mooi wanneer hulle gesond, gelukkig en ontspanne lyk.”

Hy en Christi glo daaraan om gesond te leef. Nico bly weg van kos wat chemikalie­ë bevat, drink by die huis net gefiltreer­de water en gebruik net natuurlike, organiese velsorgpro­dukte uit die plaaslike skoonheids­reeks Naturalmen­te. “Ek gebruik net ’n dagroompie en saans ’n ryk vogroom. Ek gebruik nie verfrisser­s nie.”

Christi slaan ook gereeld tuis “konkoksies” aanmekaar met alles van amandeloli­e tot laventel wat hulle twee of drie dae per week aanwend om hul vel te voed.

Al verkies hy sy natuurlike haarkleur met grys en al, moet Nico soms sy hare kleur om jonger rolle te vertolk. Omdat hy bang is haarkleurm­iddels rig skade aan, gebruik hy Hairprint, ’n produk wat grys hare na sy natuurlike kleur herstel.

Stres kan ’n mens vinnig laat verouder, meen Nico.

“Ek het ’n reël of filosofie dat jy net tot op ’n punt moet stres en dit dan moet laat vaar. As jy aanhou stres, kom dit op negatiewe maniere in jou lyf na vore. Dit kan kanker, hartsiekte­s, grys hare, plooie en slapeloosh­eid veroorsaak. Al hierdie faktore dra tot verouderin­g by,” verduideli­kk Nico.

Om te ontspan gaan hardloop hy y langs bergroetes met hul hondekind,, die Hongaarse vizsla Harvey. “Ek iss ook ’n spirituele mens. Die minuutt dat dinge te veel raak, gaan ek op myy knieë. Tot vandag toe slaap ek met ’n Bybel langs my in die bed, tussen my vrou en my.”

Hy was van jongs af sportief. “Toe ek jonk was, het ek provinsiaa­l (vir die destydse Noord-Transvaal) geswem en toe provinsiaa­l karate gedoen (ook vir Noord-Transvaal).” In sy 20’s en 30’s het hy bergfiets gery, en in 2012 het hy aan die Cape Epic-bergfietst­oer deelgeneem.

Tuis boks hy graag in sy gimnasium in sy motorhuis en op 40 het hy begin draf. Hy doen dit steeds elkeke tweede of derde dag. “Dit het baie gehelp vir die rugpyn wat ek altyd gehad het,” vertel Nico.

Wanneer hy as aanbieder van die joernaalpr­ogram Top Billing die wêreld deurkruis, pak hy ’n paar hardloopsk­oene in om te oefen en die wêreldsted­e te verken.

Wat styl betref, glo hy in “gemak voor mode”, sê dié jeans-en-tekkiesman. Hy kies self sy stylvolle klere en speel ook self stilis op die Top Billingste­l. En die een ding waarin jy hom nooit sal sien nie? “Crocs!” roep hy uit.

Sy raad aan sy 21-jarige self sou wees: “Don’t sweat the small stuff. En kyk na jou liggaam. Leef in die oomblik,” sê hy.

Dis iets wat hy by sy ma, Loorita, geleer het. Sy is 11 jaar gelede op 56 aan pankreaska­nker oorlede.

“Sy was die ander liefde van my lewe. Sy leef voort in Christi. My vrou het ’n ongeloofli­ke passie vir die lewe en is altyd borrelend. Sy is prettig, hou van filosofeer en kan eindeloos giggel oor die lafste goed.”

Hy bly ’n oomblik stil. “Dis vir my so hartseer dat my ma nooit my kinders ontmoet het nie,” sê hy dan.

Juis daarom wil hy gesond leef om elke oomblik saam met sy vrou en kinders ten volle te geniet.

En hy is nie al een nie. Hier is nog akteurs wat net wyser – en aantreklik­er – geraak het.

‘As jy aanhou stres, kom dit op negatiewe maniere in jou lyf na vore’

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa