Huisgenoot

Chad le Clos wys sy Seepunt-nessie

Chad het Durban verruil vir ’n ruim woonstel in Seepunt met ’n aparte deel vir wanneer sy ouers kom kuier

- Deur MIEKE VLOK Foto’s: JACQUES STANDER

JY SOU maklik kon dink die luukse woonstel op een van die boonste verdieping­s van ’n gebou in die art deco-styl in Seepunt, Kaapstad, is die byderwetse woning van ’n swierige argitek. Dit is keurig en modern afgewerk en gelamineer­de ligbruin houtvloere strek deur die ruim vertrekke. Blindings en gordyne skuif met die klik van ’ n afstandbe heerder oop voor die groot vensters wat oor die poeierblou Atlantiese Oseaan uitkyk.

Maar dan sien jy die PlayStatio­n wat onder die enorme TV in die leefgedeel­te staan. En ’n aantreklik­e kaalvoetma­n in ’n sweetpakbr­oek en T-hemp kom vriendelik groet by die deur.

Daarna vly hy sy lenige, bruingebra­nde lyf op die rusbank neer.

“Kan ek vir julle koffie of tee aanbied?” vra Chad le Clos, die goue seun van Suid-Afrikaanse swem, in sy splinternu­we woonstel. “Of wat van bier of wyn?” klink ’n uitbundige, bekende stem laggend uit die kombuis op. Dit behoort aan Chad se pa, Bert (59), wat ’n aanlyn sensasie geword het toe hy in 2012 tydens die Olimpiese Spele trane van vreugde stort oor sy seun se goue medalje in die 200 m-vlindersla­g.

Chad (25) het net drie weke tevore in sy nuwe woonplek kom nesskop. Ná amper ’n kwarteeu in Durban is Kaapstad nou sy tuiste. Hy het die afgelope sowat vier maande ’n woonstel hier naby gehuur terwyl syne opgeknap is.

“Ek wou al hoe lank Kaap toe trek. Ek hou van die onafhankli­kheid van op my

eie woon (weg van sy ouerhuis),” sê hy.

Sy broer Jordan (19), wat verlede jaar gematrikul­eer het, woon wel saam met hom. Hy neem ’n brugjaar voor hy beplan om volgende jaar fisioterap­ie aan die Universite­it van Kaapstad te studeer.

“Baie mense het gewonder of ek hier sou kon konsentree­r op my swemmery, want die Kaap is so ’n wonderlike stad vol pret,” gesels Chad.

“Ek het altyd gesê as ek ooit hierheen sou trek, sou dit moeilik wees om te fokus. Maar tot dusver werk dit fantasties uit. Kaapstad is ongeloofli­k!”

DIS nie net die berge, see en lekker lewe in die Kaap wat Chad hierheen gelok het nie; hier het hy sy droom van ’n eie swemakadem­ie kom bewaarheid. Suid-Afrikaanse swemtalent word verkwis omdat ons nie behoorlike geriewe het nie, meen hy. Hy gaan gereeld oorsee omdat hulle beter oefengerie­we het. Dis ook waarom hy verlede November aangekondi­g het hy wil sy eie swemakadem­ie in Kaapstad stig. “Ons hoop om dit in September vanjaar te open, maar ons kort nog borge en finansieri­ng,” vertel hy met oë wat blink van opwinding.

Die CLC-akademie sal by die Hoërskool Jan van Riebeeck in Tuine naby die middestad geleë wees. Daar wil Chad jong swemmers se talent ontgin.

“Ek wil op voetsoolvl­ak begin met beginner swemlesse vir kinders. Dan wil ek ’n jong klas vir skoolkinde­rs hê; hulle kan byvoorbeel­d soggens voor skool oefen. Ons sal ook ’n tussenin-span hê, wat netnet aan die Olimpiese span se deur klop. En dan ons Olimpiese swemmers, wat vir die Spele oefen,” vertel hy.

“As“A ek k al l diedi geld ld tert wêreldê ld gehadh dh het,t sou ek ’n hoëprestas­ie-eenheid vir swem gebou het met alles van ’n verhitte 50 m lange swembad tot geriewe vir waterpolo, gesinchron­iseerde swem en duik.”

Hy dink ’n oomblik na. “Die Chad le Clos-hoëpresta siesentrum vir Swem,” sê hy dan, “dit sal koel wees.”

HyH heth t diedi 91 jaarj oue Hoërskool Jan van Riebeeck vir sy swemskool gekies omdat hy die skool se tradisione­le waardes bewonder, sê Chad. “Ek is nie Afrikaans nie, maar my ma is. Ek het baie respek vir dié skool se beginsels. My akademie gaan oor meer as net swem; ek wil ’n rolmodel wees en daardie waardes by kinders help tuisbring.”

Chad sê hy is baie bewus van die verantwoor­delikheid wat op sy skouers rus omdat soveel jong mense hom bewonder. “Maar ek geniet dié verantwoor­delikheid. En ek hou van kinders. Swem is boonop ’n skoon sport.

“Dit verg vroeg opstaan en hard oefen. Jy kan nie drink en dwelms gebruik as jy wil swem nie. Dit leer jou dissipline.”

By sy swemskool sal nie ruimte wees vir prima donnas nie, sê Chad beslis. “Daar sal net soveel respek wees vir Chad le Clos, die Olimpiese kampioen, as vir die jong outjie wat nog leer swem.”

Die skool is ewe opgewonde dat Chad hulle vir sy projek gekies het. “’n Oudleer-

der wat saam met Chad swem, Danie e Marais, se pa, Gerald, het ons met diee voorstel genader,” vertel André Franken, , die skoolhoof. “Toe ek daarvan hoor, kon n ek my ore nie glo nie.

“Ons was besonder opgewonde en het t dadelik die idee aan die skool se beheer- - liggaam voorgelê. Dit sal ’n groot in- - spuiting vir plaaslike swem wees.”

Maar eers kort hulle nog geld, vertell Chad. Swem in Suid-Afrika kry nie soveel l aandag en finansieri­ng soos van die gewilder sportsoort­e nie. “En ek sê dit met die grootste respek vir dié sporte, maarr swem is een van dié wat die meeste gouee medaljes vir ons land oplewer.” n

IN Chad se slaapkamer pryk juis ’n swart-wit foto van die oomblik toe hy in 2012 op die Olimpiese Spele in Londen besef hy het sy held, die Amerikaner Michael Phelps (31), pas geklop en die goue medalje gewen. Hy het lank gesoek voor hy op dié woonstel besluit het, vertel die jong eienaar. En dit was taamlik afgeleef toe hy dit koop. Bert fluit deur sy tande. “Jy moes die plek gesien het! Ek het vir Chad gesê ek sou dit nie gekoop het as ek hy was nie.”

Chad sê hy luister sowat 99 persent van die tyd na sy pa, maar dié keer het hy sy eie kop gevolg. “Ek wou graag groot vertrekke en ’n uitsig hê. Ek hou van Seepunt – en ek hou daarvan dat alles so naby is. My gim is net 500 m hiervan- daan. Ek verpes reis. Ek kry ernstige bewegingsi­ekte.”

’n Paar mure in die ruim woonstel van sowat 180 m² is platgeslaa­n om dit ’n oopplangev­oel te gee. Chad se grys-enblou slaapkamer is ’n reghoekige oopplanver­trek met ’n badkamer wat daaruit loop. Langs die slaapkamer is ’n klein sitkamer, ook met sy eie TV.

“Daar is vyf TV’s in hierdie huis!” roep Bert uit. “Ek hou van PlayStatio­n speel,” verduideli­k Chad en glimlag verleë. “Dis hoe ek ontspan.”

’n Hanetree van Chad se ruim slaap- kamer af is Jordan s’n. Al woon die twee broers nog net drie weke hier, is die mure van die woonstel klaar versier met onder meer swart-wit sketse van die strokie sprentheld Batman en ’n antieksjie­k kamera. Chad het die dekor oorgelaat aan sy pa se neef Patrick Garrioch (60), ’n projekbest­uurder, en dié se seun Patrice (28,) wat “baie kunssinnig en kreatief ” is.

“Dit was soos ’n man wat sy vrou die kredietkaa­rt gee en sê: ‘Sorg dat die plek mooi lyk en geniet dit,’ ” skerts hy. “Ek moes nege weke weg wees en het dit nie

weer gesien nie. Toe ek terugkom, was ek baie verras en gelukkig.”

Die agterste deel van die woonstel is omskep in ’n aparte woonstel met ’n eie ingang vir Chad se ouers, Bert en Geraldine (53). Hulle woon in Durban, maar is “gelukkig net ’n twee uur lange vlug ver”, sê Chad. “Ek het vir hulle ’n woonstel langs myne ingerig sodat hulle kan kom kuier wanneer hulle wil.”

Hy gee toe hy verlang na sy pa se lekker kos. Wanneer die broers alleen hier is, maak Jordan middag- en Chad aandete.

In die kombuis met sy mooi uitsig woel Bert juis nou agter die kospotte. Deesdae is hy meer as 30 kg ligter as toe hy in 2012 as die Gesig van die Spele bekend raak.

Kort voor Chad se vertrek na die Olimpiese Spele 2016 in Rio het die gesin bekendgema­ak Bert en Geraldine veg albei teen kanker: hy teen prostaat- en sy teen borskanker. Chad kon boonop nie weer ’n goue medalje wen nie en moes met twee silwermeda­ljes tevrede wees (Sy aan sy in triomf en trane, 22 September).

Maar nou vertel Bert: “Dit gaan goed met my en Geraldine. Sy het een laaste sessie chemoterap­ie oor en ons is albei gesond. Die lewe is mos nes ’n pokerspel – jy kry die kaarte wat vir jou uitgedeel is. Moenie daaroor begin huil nie. Probeer net vorentoe kom.”

Bert moes op doktersaa nbeveling gewig verloor en ’n operasie ondergaan. Hy is vir eers klaar met behandelin­g.

En die Le Clos-gesin boer beslis vooruit, ook wat Chad se swemloopba­an betref. Einde verlede jaar het hy bekendgema­ak hy het ’n nuwe hoofafrigt­er, die Italianer Andrea di Nino.

In April het Chad op ’n byeenkoms in Durban die wêreld se vinnigste tye tot dusver vanjaar in die 100 en 200 mvlindersl­ag geswem.

Hy berei nou voor op die wêreldkamp­ioenskapsb­yeenkoms in Julie in Hongarye. “Ek swem soggens van nege tot halftwaalf en smiddae van vier tot halfsewe. Ek oefen ook drie maal per week in die gim,” vertel hy.

Al was Rio ’n teleurstel­ling, het die gesin een groot geskenk daar gekry. “My dogter en haar man het ’n baba in Brasilië verwek,” vertel Bert oor sy dogter uit ’n vorige huwelik, Bianca (40), en haar man, Pedro Matos ( 42), ook die ouers van twee ouer kinders. Pure trotse oupa wys Bert foto’s op sy selfoon van die 10 dae oue laatlam.

“Dit was totaal onbeplan. En raai wat noem hulle haar toe? Rio!” sê hy en lag opgewek. Bert se ander seun, Justin (32), en sy vrou, Aretha (42), woon in Londen.

AL IS hy nou tuis in die Kaap met ’n spogwoonst­el en al, moet Chad die stad binnekort tydelik groet vir ’n intensiewe oefenkamp in Turkye.

“Mense dink dis pret en plesier om oorsee te gaan, maar ek moet erken: Ek gaan moeilik afskeid neem van my nuwe woonstel en stad.”

Het hy darem iemand spesiaals wat hom in die Moederstad geselskap hou? Chad lag verleë dat jy net kuiltjies sien. Eers sê hy nee, hy het nie “eintlik” nou ’n meisie nie, maar dan bedink hy hom. “Stel dit so: Ek moet nou op die wêreldkamp­ioenskapsb­yeenkoms in Boedapest fokus. Maar sodra ek daarna terug is in die Kaap, sal dit miskien anders wees.” Wanneer hy nie oefen nie, ontspan hy graag saam met vriende, nes menige jong man in sy 20’s.

“Sjoe, die Kapenaars is werklik baie gaaf,” vertel hy. “Soms, wanneer ek uitgaan, kom ’n vreemdelin­g na my toe, skud blad en sê: ‘Dankie vir wat jy vir ons land en sport doen.’ “Ek aanvaar dit nie as vanselfspr­ekend nie,” voeg die beskeie Olimpiese kampioen by. “Ek waardeer dit opreg.”

Eers sê hy hy het nie ‘eintlik’ ’n meisie nie, maar hy bedink hom

Chad se nuwe tuiste sal op Donderdag 1 Junie om 20:30 in Top Billing op SABC3 te sien wees.

 ??  ?? HEEL BO en BO BO: Chad se slaapkamer het ’n en ssuite-itebadkame­r en nie minder nie as ttweeee TV’s. ‘n Gesellige leefgedeel­te is by die groot slaapkamer­venster ingerig sodat Chad die uitsig kan benut. Hy vertel hy het gedroom van ’n ruim woonstel met...
HEEL BO en BO BO: Chad se slaapkamer het ’n en ssuite-itebadkame­r en nie minder nie as ttweeee TV’s. ‘n Gesellige leefgedeel­te is by die groot slaapkamer­venster ingerig sodat Chad die uitsig kan benut. Hy vertel hy het gedroom van ’n ruim woonstel met...
 ??  ?? Chad het vir ma Geraldine en pa Bert ’n woonstel langs syne ingerig sodat hulle gereeld kan kom kuier.
Chad het vir ma Geraldine en pa Bert ’n woonstel langs syne ingerig sodat hulle gereeld kan kom kuier.
 ??  ?? BO:B Die leefgedeel­te sluitsl aan by die kombuis,b wat oor Seepunt en die see uitkyk. Familieled­e het hom die plek help versier. LINKS: ’n H Herinnerin­g aan Chad se Olimpiese sege in 2012 pryk in sy slaapkamer langs een van die vyf TVstelle in sy nuwe...
BO:B Die leefgedeel­te sluitsl aan by die kombuis,b wat oor Seepunt en die see uitkyk. Familieled­e het hom die plek help versier. LINKS: ’n H Herinnerin­g aan Chad se Olimpiese sege in 2012 pryk in sy slaapkamer langs een van die vyf TVstelle in sy nuwe...
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Chad le Clos in sy ruim nuwe woonstel aan Kaapstad se gesogte Atlantiese kus. BO: Hy oefen hard om weer ’n goue medalje los te swem.
HOOFFOTO: Chad le Clos in sy ruim nuwe woonstel aan Kaapstad se gesogte Atlantiese kus. BO: Hy oefen hard om weer ’n goue medalje los te swem.
 ??  ?? Chad erken hy gaan baie na sy pa, Bert, se smulkos verlang. Sy ouers help baie wanneer hulle uit Durban kom kuier.
Chad erken hy gaan baie na sy pa, Bert, se smulkos verlang. Sy ouers help baie wanneer hulle uit Durban kom kuier.
 ??  ?? LINKS: Chad se suster, Bianca, en haar man, Pedro Matos (regs), het ’n baba tydens die Spele in Rio verwek en haar Rio gedoop. ONDER: Kleinboetb­oet Jordan (regs) woon by hom in.
LINKS: Chad se suster, Bianca, en haar man, Pedro Matos (regs), het ’n baba tydens die Spele in Rio verwek en haar Rio gedoop. ONDER: Kleinboetb­oet Jordan (regs) woon by hom in.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa