Huisgenoot

Trevor Noah se pad na sukses

SA se Trevor Noah, wat op die MTV-prysaand as beste aanbieder gekroon is, is supergewil­d in Amerika en rol in die geld

- Saamgestel deur LARA ATSON

AMERIKANER­S was maar lekker knorrig toe ’ n jong Suid-Afrikaner in 2015 die aanbieders­toel inneem van een van hul gewildste kletsprogr­amme op televisie. Trevor Noah was allesbehal­we ’n bekende naam in dié land. Wie is dié mannetjie? wou party aanlyn weet oor ons Trevor (33), wat by Jon Stewart oorgeneem het as aanbieder van The Daily Show. Ag nee, hy is glad nie snaaks nie, het een suurknol gekla.

Maar watter verskil maak twee jaar! Dié boorling van Soweto het Amerikaner­s omtrent uitgeboul met sy vlymskerp kwinkslae (en kuiltjies!), sodanig dat hy vanjaar op die invloedryk­e MTVrolpren­t-en-TV-prysuitdel­ing stof geskop het in die oë van die kletskonin­gin Ellen DeGeneres en met die trofee vir beste aanbieder huis toe is.

Pas die vorige dag het Trevor nog ’n prys opgeraap, die Glaad-mediaprys van die Gay & Lesbian Alliance against Defamation, ook vir sy werk aan The Daily Show.

Trev is in die wolke oor sy MTV-prys. “Ek het kleintyd gereeld die MTV-prysuitdel­ings gekyk,” het hy op Instagram geskryf. “Dis ’n droom wat ek nooit gewaag droom het nie.”

Nadat hy sy beeldjie van die rapper Snoop Dogg en leefstylgh­oeroe Martha Stewart ontvang het, het hy in sy toespraak hulde gebring aan sy ma, Patricia Nombuyisel­o Noah. “Sy is ’n magtige, sterk swart vrou wat nie geluister het toe hulle vir haar sê sy kan nie meer in die lewe bereik nie.” Hy het pres. Donald Trump ook bedank. “Dankie, Donald J. Trump, vir die komedie.”

Dit lyk of dit Trevor se jaar is. In Februarie is hy met twee NAACP Image- pryse van die burgerregt­e- organisasi­e National al Associatio­n for the Advancevan­cement of Colored Peopleeopl­e vereer vir sy skrywerswe­rsdebuut en memoires, res, Born a Crime, watat weke op The Neww York Times se topverkope­rlys vir niefiksie geboer het. In dieselfde maand is sy komediever­toning Trevor Noah: h: Afraid of the Dark op die internetst­roomdiens Netflix uitgereik.

Hierdie Suid-Afrikanerk­aner is deesdae die gesig van komediedie in Amerika. Hy het al in sy geselsprog­ramprogram onderhoude gevoer met t Hollywoods­terre soos Will Smithmith en selfs in die Withuis by Barackrack Obama gaan kuier toe dié nog president van Amerika was.

Dat Trevor nou naam aam maak in Hollywood, is geen n verrassing nie. Sy ma het hom immers genoem na haar geliefkoos­de liefkoosde rolprentst­er, John Travolta.ravolta. “Toe ek hom die naam Trevor revor gee, het ek daarna uitgesien dat hy ’n TV-

ster word,” het sy al in ’n onderhoud vertel. “Trevor is die naaste wat ek aan Travolta kon kom,” het sy verduideli­k.

TRUMP D DIE BRON VAN KOMEDIE

Jon, wat 1 16 jaar aanbieder van The Daily Show was, het Trevor twee jaar gelede self as sy opvolger aangewys.aange Die Amerikaner­s was eers maar louwarm oor dié taamlik onbekendeo­nbekend buitelande­r.

“Toe ek begin, was daar baie kritiek omdat ek nie kwaad is nie,” het Trevor aan die tydskrifty Time vertel.

“Maar w waaroor moes ek kwaad wees? Vordering is gemaak. Werklooshe­id was aan die afneem.af Gay mense kon ook trou. Ek weier om deel te wees van ’n woedemasji­en. En toe word Trump (as president) ver verkies.”

Trevor het eindelik gevoel sy program het ’n doel.doe En Amerikaner­s kan skaars genoeg kryk van sy grappige sêgoed oor die omstredeom­str Trump.

Sy programpro­g het in Februarie vanjaar meer as 1,5 miljoen kykers gelok – died hoogste sedert hy in SeptemberS­e 2015 as aanbiedera­anbiede begin het.

VOORBLADST­ER

Vandat TrevorT in 2011 Amerika toe verhuis het, het hy al op talle voorblaaie gepryk, v van Esquire tot Time s’n. Hy was in Maart vanjaar vir die tweede keer in ses maandemaan Time se voorbladge­sig nadat hulle hom as ’n “leier van die volgende geslag” aa aangewys het.

STERRE NET WAAR JY KYK

Trevor geege sy miljoene aanhangers in die sosiale mediam gereeld ’n kykie na sy glanslewe.glanslewe Met die onlangse, sterbelaai­de Met-galaMet-ga in die Groot Appel het hy op Instagram ’n foto gedeel van hom, die Oscar-wennerOsca­r-w Lupita Nyong’o en die sangeres Rihanna.

Hy het ook al uitgehang saam met die sanger John Legend en dié se vrou, die model en TV-persoonlik­heid Chrissy Teigen. Hy verkeer op vriendskap­like voet met die F1-kampioen Lewis Hamilton, en in Januarie vanjaar is hy saam met die Wolverine-ster Hugh Jackman langs die basketbalb­aan gekiek.

Dit beteken nie Trevor het van sy ou pelle hier in Suid-Afrika vergeet nie. Net ’n maand later het hy op Instagram ’n foto gedeel van hom en sy “day ones” (mense met wie iemand uit die staanspoor goeie vriende is) by Universal Studios in Hollywood. Op die foto was onder andere die plaaslike kletsprogr­amaanbiede­r Anele Mdoda en die TV- en radioperso­onlikheid Sizwe Dhlomo.

SY MULTIMILJO­ENRAND-WOONPLEK

Die tonge het omtrent geklap toe Trevor vroeër vanjaar ’n luukse tweeverdie­pingdakwoo­nstel in New York koop – en dit vir ’n allemintig­e sowat R130 miljoen! Die kopie was glo een van die duurstes in die New Yorkse buurt Hell’s Kitchen.

Die weelderige woonstel beslaan die 17de en 18de vloer van die Stella Towergebou. Trevor se woning het drie slaapkamer­s, ’n privaat terras en prentjiemo­oi uitsigte. Sy nuwe tuiste is net vier blokke weg van sy werk.

Hy het voorheen ’n tweeslaapk­amereenhei­d in dieselfde gebou gehuur teen sowat R200 000 per maand. Dis twee keer soveel soos die deursnee-Suid-Afrikaner se jaarlikse inkomste!

DIE VROU AAN SY SY

Trevor het die afgelope twee jaar ’n verhouding met die Amerikaans­e skoon- heid Jordyn Taylor (26). Sy het al haar lyf model gehou, was ’ n sangeres en liedjieskr­ywer en is deesdae ’n eiendomsag­ent. Hoewel Trevor nie gereeld foto’s van hulle saam deel nie, bied Jordyn aanhangers darem elke dan en wan ’n blik op hul opwindende lewe.

Een ding is seker: Die woord “blessed” is nie verniet op haar linkerhand getatoeëer nie. Jordyn is voorwaar ’n gelukkige vrou.

Sy en haar kêrel word gereeld op die rooi tapyt gekiek, hulle reis die wêreld plat en vat die pad in onder meer ’n afslaandak-Ferrari.

Trevor het haar glo in 2015 sy geboortela­nd kom wys en haar aan sy familie voorgestel. Sy is duidelik sy grootste aanhanger. In November het sy op Instagram ’n foto van sy memoires gedeel en vertel hoe trots sy op haar “kuiltjiege­sig” is.

G’n wonder aanhangers hoor reeds trouklokke lui nie. Toe Jordyn onlangs ’n foto op Instagram deel van haar met ’n ring aan haar linkerring­vinger, wou ’n nuuskierig­e aanhanger weet: “Is dit ’n ring aan jou linkerving­er, of bedrieg my oë my?” Nog een het gevra: “Is jy verloof of wat?” Hou dié ruimte dop!

LUUKSE VAKANSIES

Spanje, Bahamas, Peru, Mosambiek . . . Trevor span uit in omtrent al wat ’n land is. Die paartjie was Nuwejaar in Peru en net ’n jaar voor dit het hy 2015 op die prentjiemo­oi Mosambieks­e eiland Quilalea afgesluit. “Blou water en geen selfone nie. Hemel op aarde!” het hy later op Instagram laat hoor. BRONNE: TIMESLIVE.CO.ZA, CITIZEN.CO.ZA, CHANNEL24.CO.ZA, INSTAGRAM, BUSINESSIN­SIDER.COM, GRAZIADAIL­Y.CO.ZA, TIME. COM, LASVEGASWE­EKLY.COM, ALL-THAT-IS-INTERESTIN­G.COM, DAILYMAIL.CO.UK, FIN24.COM, PEOPLE.COM, SUNDAYWORL­D. CO.ZA

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Trevor Noah het rede om te glimlag. Die Suid-Afrikaans gebore komediant, aanbieder van The Daily Show in Amerika (NAASLINKS), is op die MTVrolpren­t-enTV-prysuitdel­ing met die trofee vir beste aanbieder bekroon (LINKS).
HOOFFOTO: Trevor Noah het rede om te glimlag. Die Suid-Afrikaans gebore komediant, aanbieder van The Daily Show in Amerika (NAASLINKS), is op die MTVrolpren­t-enTV-prysuitdel­ing met die trofee vir beste aanbieder bekroon (LINKS).
 ??  ?? LINKS ONDER en REGS ONDER: Dit het gegons toe hy vroeër vanjaar ’n dakwoonste­l van sowat R130 miljoen in New York koop. Dit kyk uit oor Manhattan, die Empire State-gebou en Hudsonrivi­er.
LINKS ONDER en REGS ONDER: Dit het gegons toe hy vroeër vanjaar ’n dakwoonste­l van sowat R130 miljoen in New York koop. Dit kyk uit oor Manhattan, die Empire State-gebou en Hudsonrivi­er.
 ??  ?? Trevor kyk in Madison Square Garden in New York saam met Hugh Jackman (heel links), ’n gas en sy meisie, Jordyn Taylor, ’n basketbalw­edstryd tussen die New York Knicks en Phoenix Suns.
Trevor kyk in Madison Square Garden in New York saam met Hugh Jackman (heel links), ’n gas en sy meisie, Jordyn Taylor, ’n basketbalw­edstryd tussen die New York Knicks en Phoenix Suns.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa