Huisgenoot

Greta Wiid-herrie: Help gay kinders so

Gretha Wiid se omstrede sienings oor gaywees het ’n herrie veroorsaak. Kenners sê hoe julle jul kind se seksuele oriëntasie moet benader en hoe om te verhoed dat hulle ’n slagoffer van vooroordee­l word

- Deur HILDA VAN DYK en JANA SMIT

’NSTORM van verontwaar­diging en ontstelten­is woed om ’n geestelike skrywer en spreker se kop oor haar omstrede sienings oor gaywees.

In haar boeke Lyfslim vir Seuns en Lyfslim vir Meisies skets Gretha Wiid onder die opskrif “Wat beteken dit as iemand gay is?” verskeie “scenario’s’’ wat volgens haar tot gaywees kan lei, onder meer bespotting en verwerping deur ’n pa.

In Lyfslim vir Meisies skryf sy ook: “Sulke mense kan nooit op die normale manier kinders hê nie. Dis verder ook hart- seer omdat God sê dat dit ’n sonde is om seks met iemand van dieselfde geslag te hê. Sjoe, al hierdie dinge is so, so hartseer.’’

As sy so iets in Gretha se “handleidin­g’’ moes gelees het toe sy 15 jaar oud was, “was die kans byna 100 persent dat ek my lewe sou neem omdat dit my vrees sou bevestig dat ek weens my natuurlike gevoelens deur die samelewing, my ouers en ‘normale’ mense verag en verwerp sou word’’ sê LiMari Louw, gewese eNuus-leser, aan Huisgenoot.

“Gretha, gaywees is nié ‘so, so hartseer’ nie. Wat ‘so, so hartseer’ is, is wanneer mense hul onkunde oor wie en wat gay mense werklik is aan die groot klok hang.”

Die Olimpiese spiesgooie­r Sunette Viljoen, LiMari se lewensmaat, beaam: “Gretha rig groot skade aan met haar oningeligt­e menings en persepsies oor homoseksua­liteit.’’

Hy wil graag vir Gretha vra wanneer sy heteroseks­ueel “geraak” het, soos sy van gay mense sê, sê die prokureur vir gay regte Coenraad Kukkuk.

Hy meen mense wat “sulke onwaarhede kwytraak”, dra by tot selfdood onder LGBT ( lesbiese, gay, biseksuele en transseksu­ele) kinders en tieners, “dat hulle uit hul huise gegooi word, dat hulle aan drank of dwelms verslaaf raak . . .’’

En die gay predikant Laurie Gaum sê: “Hierdie twak opmerkings sit gesinne, in-

 ??  ?? ’n Storm het om Gretha Wiid (LINKS) se kop losgebars weens aanmerking­s oor gaywees wat sy in twee van haar boeke maak (REGS). REGS BO: Kenners sê gays se pad is dikwels moeilik.k.
’n Storm het om Gretha Wiid (LINKS) se kop losgebars weens aanmerking­s oor gaywees wat sy in twee van haar boeke maak (REGS). REGS BO: Kenners sê gays se pad is dikwels moeilik.k.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa