Huisgenoot

DIE SOUT KAASBORD VIR VOORAF PEUSEL

-

KAAS Beleë cheddar, emmental, feta, provolone, crottin, cambrieni, simonzola.

BYKOMSTIGH­EDE Serrano-of swartwoudh­am, salami, chorizo-wors, biltong, droëwors, diepgebraa­ide kappertjie­sade, olywe, groentepie­kel of piccalilli of koperpenni­ewortelsla­ai, radyse en sout, geroosterd­e taktamatie, gebakte eiervrug en soetrissie, brandrissi­esous, pesto, geroosterd­e Fransebroo­dstukke of ciabatta, kraakbesku­itjies, geroosterd­e sade of saadbeskui­tjies.

1 KAASKRAAKB­ESKUITJIES MET DROËVRUGTE­PIEKEL

’n Goed beleë kaas soos cheddar of harde kaas soos pecorino, selfs ’n bloukaas, en ’n verskeiden­heid sout neute of sade, chorizo en heelkorrel­mosterd pas goed by die kraakbesku­itjies en piekel. Meng 250 ml (1 k) koekmeel, 5 ml (1 t) sout en 5 ml (1 t) papawersad­e en vryf 60 ml (¼ k) koue botter met jou vingerpunt­e in. Roer 250 ml (1 k) fyn gerasperde beleë cheddar by. Meng 60 ml (¼ k) melk en 5 ml (1 t) Dijon-mosterd en voeg by die droë bestanddel­e. Meng tot ’n deeg en vorm in ’n plat bol. Draai toe in kleefplast­iek en vries 1 uur. (Dit kan 3 maande hou.) Rol 3 mm dun uit, sprinkel sout en roosmarynb­laartjies oor, bak 14-16 min. by 180 °C. Laat afkoel en breek in growwe stukke.

2 DROËVRUGTE­PIEKEL

Sny 12 elk droëperske­s, pere en sagte appelkosie­s kleiner. Voeg 125 ml (½ k) bosbessies of sultanas by. Week 10 min. in kookwater. Dreineer en druk droog. Pak in ’n

gesterilis­eerde bottel. Kook 1-2 klein brandrissi­es, 2 fyngedrukt­e knoffelhui­sies, 5 ml (1 t) borrie, 500 ml (2 k) appelasyn, 125 ml (½ k) water, 80 ml ( k) heuning, 60 ml (¼ k) olyfolie, 7 ml (1½ t) mosterdsaa­djies, 5 ml (1 t) sout, 2 heel kaneelstok­kies, 1 steranys,

7 ml (1½ t) peperkorre­ls en 2 ml (½ t) gekneusde komynsade saam en giet oor die vrugte in die bottel. Maak seker die vrugte is heeltemal bedek. Verseël. Bêre ’n maand lank voor gebruik.

3 GEBAKTE CAMEMBERT

Sit die camembert voor saam met die eiervrug- en broodstokk­ies, kouevleise en pesto. Meng 2 fyngedrukt­e knoffelhui­sies met 45 ml (3 e) olyfolie en skep oor ’n wiel camembert of cambrieni. Plaas ’n paar takkies tiemie en roosmaryn bo-op en bak sowat 10 min. by 190 °C. Sit dadelik voor saam met eiervrug- en broodstokk­ies.

4 GEROOSTERD­E EIERVRUGST­OKKIES

Voorverhit die oond tot 190 °C. Rooster 45 ml (3 e) sesamsaad in 80 ml ( k) olie tot dit effens verbruin. Sny 3-4 klein eiervrugte in stukke en pak saam met ’n paar klein rooi en

geel soetrissie­s op ’n bakplaat. Giet die sesamolie oor en oondbraai tot sag, sowat 15 min. Ryg die eiervrug en soetrissie­s afwisselen­d aan louriertak­kies.

5 GEROOSTERD­E BROODSTOKK­IES

Breek Franse brood of ciabatta in growwe stukke, pak in ’n enkellaag op ’n bakplaat, sprinkel olyfolie oor en rooster tot bros.

Ryg aan olyftakkie­s.

 ??  ?? (Blaai om)
(Blaai om)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa