Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / 20TH CENTURY WOMEN

Vrouedrama. Met Annette Bening, Elle Fanning en Greta Gerwig. Regisseur: Mike Mills. 13 DTS. Het op 12 Mei begin.

-

Waaroor gaan dit?

In 1979 besef ’n enkelma dit is nie so maklik om ’n kind groot te maak soos sy gedink het nie. Die lewe vang ’n mens onkant wanneer jy dit die minste verwag. Sy probeer aan haar jong seun verduideli­k presies wat ’n grootmens is, en sy doen dit aan die hand van verskeie ander vroue (en ’n minnaar) wat haar daaglikse lewe beïnvloed.

Wie sal hiervan hou?

Veral vroue wat moeg is daarvoor dat so baie rolprente vroue as iemand se meisie of ooglekkerg­oed uitbeeld wat net daar is vir mans se plesier. Dorothea (Annette Bening in een van haar beste vertolking­s tot nog toe) worstel met ’n weerbarsti­ge seun wat voel sy ma behandel hom onregverdi­g en verstaan hom nie.

Hoe verduideli­k sy vir hom wat seks, liefde en die lewe is? Die rolprent se boodskap is duidelik: Die lewe is wonderlik onvoorspel­baar en laat jou toe om gaandeweg te ontdek – dit gebeur nie alles gerieflik op een slag met jou nie. Vir jong mense voel dit asof hul ouers hulle elke dag ál minder verstaan, maar eintlik ontdek veral ma’s steeds nuwe aspekte van hulself terwyl hulle hul kinders deur die lewe bystaan. Daar is ’n ongebonde vryheid en uitbundigh­eid aan dié rolprent oor vrouwees en menswees wat ’n mens nie aldag kry nie. Jy kyk na werklike mense, nie akteurs wat rolle vertolk of dialoog opsê nie. Die kwinkslae is blitsvinni­g en skerp, maar dit is veral die lewensfilo­sofie daaragter wat tref. Soms is ander rolprente se dialoog net grapperig genoeg om gehore te laat lag, maar ’n stewige stukkie waarheid steek in hierdie spitsvondi­ge en spontane dialoog.

Kyk nou of wag vir DVD?

’n Groep vroue kan gerus saam hierna gaan kyk. Bestel kaaskoek en pas die fliek voor ’n vrolike kuier in jou gunsteling-koffiekroe­g in.

SOORTGELYK­E FLIEKS

Mistress America, Frances Ha.

SPRINGMIEL­IEFEITE

Die Dorothea-karakter is op die regisseur, Mike Mills, se ma gegrond.

Mike het tevore Beginners gemaak, wat glo ook biografies is.

Gedurende die repetisies moes die vroue elkeen hul eie musiek saambring waarna elk van hul karakters sou luister. – LEON VAN NIEROP

 ??  ?? Van links is Annette Bening, Elle Fanning en Greta Gerwig in 20th Century Women.
Van links is Annette Bening, Elle Fanning en Greta Gerwig in 20th Century Women.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa