Huisgenoot

TJORTS! OP DIÉ TIERLANTYN-TJORRE

Het dié Sasolburgs­e manne die belaglikst­e motors in Suid-Afrika? Dalk . . . maar die gedoentes laat die koppe draai

- Deur JACO HOUGH- COETZEE Foto’s: TUMELO LEBURU

WAT op dees aarde? Is Mad Max dan nou sowaar op Sasolburg? Dit is moontlik wat besoekers aan dié Vrystaatse dorp kan dink wanneer hulle onverwags op ’n ou, geroeste Mercedes-Benz afkom met onder meer ’n masjiengew­eer op die dak gemonteer.

Selfs die vensters is met veiligheid­staalstrok­e bedek, net soos die fiksiekara­kter Mad Max se aanvalsvoe­rtuig in die gelyknamig­e fliekreeks.

Maar nee, die hardgebakt­e oudpolisie­man Max Rockatansk­y het nie sy lewe in die gevaarlike Australië, waar die samelewing in duie gestort het, verruil vir ’n aftreehuis hier langs die Vaalrivier nie.

Hoewel dié gepantserd­e Mercedes selfs ’n Mad Max-nommerplaa­t het, is dit eintlik die handewerk van Dylan Elbert, eienaar van Auto Tech Service & Conversion Centre, ’ n motorherst­elondernem­ing op Sasolburg.

Hy het die gevaarte so drie jaar gelede geskep met die uitsluitli­ke doel om aandag te trek, erken hy met ’n groot glimlag. Dit het hy reggekry. Dit is nie net hier op die dorp waar nuuskierig­e agies om die kar saamdrom wanneer hulle hom iewers sien nie; ook op motorskoue is hy gewild, sê Dylan.

“Die ander smart, blink karre kan op ’n streep by die skoue staan, dan loop die mense dwars by hulle verby om eers na Mad Max te kom kyk.”

Skielik brul ’ n kragtige sessilinde­rmotorenji­n toe nog ’n vreemde gedoente nader ry en langs Max stilhou.

Dié kar het nie ’n naam nie, want hy het hom opgebou uit die onderdele van al wat ’n fabrikaat is, sê Frankie Paiva met die groetslag. “Hy’s sommer net ’n basterding!”

Een ding is seker: Sasolburg se twee geroeste blikke op wiele trek beslis die aandag waar hulle ook al gaan.

DYLAN was al van laerskoold­ae af ’n Mad Max-aanhanger wat dié flieks oor en oor gekyk het, maar dit was eers so drie jaar gelede dat hy besluit het hy wil ook ’n Mad Max-kar hê.

Hy het ’n uiters gehawende Mercedes 280SE uit die vroeë 1980’s vir R4 000 by ’n plaaslike skrootwerf gekoop. Hy moes ’n bietjie aan die enjin en ratkas werk, maar het die motor gou aan die gang gekry, vertel Dylan.

Toe het hy die verf afgeskuur. “Dit was ’n naweek-joppie. Daarna het hy so geblink, jy kon hom as spieël gebruik.”

Die volgende stap was om die bakwerk gereeld met ’n mengsel van asyn, water en bleikmidde­l te spuit en hom buite in die wind en weer te laat staan sodat hy lekker kon roes. “Dit was ’n driemaande-joppie!” Dylan het geen vooropgest­elde plan gehad van hoe die Mercedes eindelik in sy Mad Max-mondering sou lyk nie en het “maar oral, soos op scrapyards, gaan rondkrap en aas om te kyk wat ek

‘Moenie sê dis nie ’n dêm unieke manier om by jou troue op te daag nie’

aan die kar kan vassweis”.

’n Trommel waaruit die “bebloede bene en voorarm van ’n lyk” hang, versier die bagasiebak. Langs die kante hang kettings en op die dak is selfs ’ n satelliets­kottel, kwansuis “vir kommunikas­iedoeleind­es”. Om “beskerming in ’n gevegsitua­sie” te verseker, bedek metaalstro­ke al die vensters.

Frankie, ’n direkteur van Quality Precision Services, wat onder meer myntoerust­ing vervaardig en herstel, sê sy kar het nie beskerming nodig nie, “want dit is ’ n kuierkar”.

Dis waarom hy ’n braaier aan die voorkant van die kar vasgesweis het. “Wanneer ek hom skou toe vat of iewers met hom gaan kuier, word altyd in hom gebraai.”

Dit was ook so drie jaar gelede dat hy besluit het om sy naamlose kar te bou, sê hy. Net soos Dylan het hy ook nie geweet hoe die eindproduk sou lyk nie. Eers het hy ’n ou 4,1 L-Chev-enjin met ’n outomaties­e ratkas gekoop, ’n raamwerk aanmekaarg­esweis en die kragtige enjin daarop gemonteer.

Die gehawende kajuit is van ’n Internatio­nal-bakkie uit die 1950’s afkomstig. Agter die kajuit staan twee staalkanne wat as petroltenk diens doen. Die verkoeler se dop het in die 1960’s aan ’n Massey Ferguson-trekker behoort.

Die twee mans se eie skeppings kan tog sekerlik nie padwaardig wees nie?

Dylan en Frankie lag. Nee, skud hulle kop. Hulle is nie, “maar ons kry nie moeilikhei­d op pad nie”, sê Frankie.

Dylan vertel van die keer verlede jaar toe hy met Max agter op ’n sleepwa op pad Potchefstr­oom toe was vir die Potchefstr­oom-motorskou.

“Ek word toe afgetrek. Eers het ek gedink hier kom moeilikhei­d, maar toe wou die polisie net weet watse ding ek nou eintlik op die sleepwa het. En natuurlik het hulle heelwat foto’s van hulself saam met die kar geneem.”

Frankie sê sy kar word g’n op ’n sleepwa rondgekarw­ei nie. “Ek sal nou in hom klim en Durban toe ry,” spog hy.

Eers het Dylan se vrou, Carla, die Mad Max-gier wat hy destyds gekry het glad nie verstaan nie.

“Ek het nog vir hom gevra: ‘ Wat de hel doen jy?’ Maar later, toe ek sien hoe ander mense die kar geniet en bewonder, het ek verstaan,” sê sy. “Hulle sal met groot smiles om die kar saamdrom. Dit is asof die kar se teenwoordi­gheid vir hulle vyf minute van geluk bring.”

DYLAN en Frankie is nie bang om hul rygoed met ander te deel nie. Dylan sê aan die einde van elke jaar is daar sommer so vyf paartjies wat Mad Max wil gebruik vir hul matriekafs­keidsgesel­ligheid. “Wanneer jy om die hoek kom, raak die ander kinders mal van opgewonden­heid.” Frankie ry bruide met sy skedonk aan. “Komaan, moenie sê dis nie ’n dêm unieke manier om by jou troue op te daag nie.” Wanneer hy by ’n skou is, vra lede van die publiek gereeld vir hom wie die eienaar is, vertel Dylan. “Dan is hulle baie verbaas as ek sê dit is ek. Ek dink hulle vermoed iemand met so ’n kar moet lyk soos iemand wat die pad byster geraak het.” Mad Max het sy bliklyf al op groot tentoonste­llings gaan wys. Hy was onder meer by die Nasrec-motorskou en die Speed and Sound Expo. Verlede jaar is hy as die ontsnappin­gsvoertuig ingespan in die kort huldeblykf­liek Mad to the Max, wat deur die aanlyn tydskrif SXdrv.com vervaardig is. Toe wil Dylan eers wys hoe die “aartappelg­eweer” op die enjinkap werk. Hy het dit self ontwerp, vertel hy. Eers word ’ n stuk aartappel voor in die loop gedruk. Dan spuit hy die verbrandin­gsmiddel Quick Start in die metaalhoue­r wat agter aan die loop verbind is. ’n Slagpen word deur ’n buis in die houer ingestamp wat ’n vonk veroorsaak, die brandstof laat ontvlam en tot drukking lei. Met ’n klipharde slag skiet die aartappel met ’n boog uit die loop en val sowat 50 m verder op die gras. Frankie loer na die braai aan die voorkant van sy ryding. Eintlik moes hy maar ’ n pak wors saamgebrin­g het sodat ons nou kon braai, sê hy.

 ??  ?? Frankie Paiva (links) en Dylan Elbert van Sasolburg het hul gevaartes sowat drie jaar gelede begin bou sonder om te weet hoe die eindproduk gaan lyk.
Frankie Paiva (links) en Dylan Elbert van Sasolburg het hul gevaartes sowat drie jaar gelede begin bou sonder om te weet hoe die eindproduk gaan lyk.
 ??  ?? LINKSL BO: Op Mad Max se kattebak is ’n ou trommelm waaruit “bebloede ledemate” hang. LINKS: DylanDy laai die aartappelg­eweer op die enjinkap. BO:BO Mad Max staan bedags voor JM Motor Spares.
LINKSL BO: Op Mad Max se kattebak is ’n ou trommelm waaruit “bebloede ledemate” hang. LINKS: DylanDy laai die aartappelg­eweer op die enjinkap. BO:BO Mad Max staan bedags voor JM Motor Spares.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Frankie gebruik twee staalkanne vir ’n petroltenk. LINKS:L Die kajuit kom van ’n o ou Internatio­nal-bakkie. Frankie het onlangs die wiele geel geverf net omdat hy ekstrae verf gehad het.
BO: Frankie gebruik twee staalkanne vir ’n petroltenk. LINKS:L Die kajuit kom van ’n o ou Internatio­nal-bakkie. Frankie het onlangs die wiele geel geverf net omdat hy ekstrae verf gehad het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa