Huisgenoot

5 FEITE OOR ASAP ROCKY

-

1 HY HET ’N SUPERMODEL GEVANG ASAP en Kendall Jenner (21) is amptelik ’n paartjie! Die 28-jarige rapper “dink Kendall het alles wat ’n mens wil hê: Sy is slim, beeldskoon, suksesvol en ontspanne. Hy is mal oor haar,” sê ’n bron. En die model voel dieselfde. “Kendall hou daarvan dat hy gevestig is in sy loopbaan en sy eie lewe en ’n vriendekri­ng het wat baie verskil van hare.”

2 HY IS SELF ’N MODEWENNER Danksy sy cool styl is hy al die manlike Rihanna geno genoem. Dié ou laat alles goed lyk, van sweetpakke met formele baadjies tot noupassend­e jeans en leerbaadji­es. Hy het vir Guess se 36ste verjaardag saam met hulle aan ’n veldtog gewerk en sê daaroor: “As jy eers modebewus raak, wil jy self in beheer wees van die estetika. Dit is hoe dit gebeur het. Ek wil in beheer wees van wat ek dra wat mode betref.”

3 HY BLY GETROU AAN HOMSELF Aan die begin het ASAP gedink hy is eksentriek oor hoe hy aantrek en die soort musiek waarna hy luister, maar dit is nou iets van die verlede. “Ek voel almal gaan deesda deesdae uit hul pad omo anders te wees. Ek is net gemaklik met myself e en wie ek is.”

4 HY VERGEET NIE SY VRIENDE NIE Al is ASAP, oftewel Rakim Mayers, ’n suksesvoll­e rapperrapp­er, is hhy nie te besig of grootkop om saam met sy pelle musiek te maak nie. Die ster van Harlem het onlangs saam met ASAP Ferg aan die nuwe liedjie Wrong gewerk. Ferg is een van die kunstenaar­s van die ster se platemaats­kappy, ASAP Mob. Hy het niks oor ’n nuwe soloalbum verklap nie, maar ons hoop Wrong is net die lusmakertj­ie vir ’n nuwe album. 5 MAMMA SE TALENTVOLL­E SEUN Die rapper, wat sy akteursdeb­uut in die 2015-fliek Dope gemaak het, se ma, Renee, en ouma het hom grootgemaa­k. Sy ouma woon nog in sy ou woonbuurtb in Harlem en hy gaan kuier gewoonlik op Moedersdag by haar. Oulik!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa