Huisgenoot

> ‘BUNNY CHOW’

-

“’ n Halwe brood word uitgehol en dan met ’n loperige kerriemeng­sel gevul vir die geliefde gereg. Die bunny chow het sy oorsprong in die Indiërgeme­enskap in Durban, KwaZulu-Natal. Die waarde daarvan is dat dit ekonomies maar baie vullend is en jou heeldag versadig kan hou. Vir dié mense wat met min geld in hul sak in die stad kom werk soek, was dit nog altyd ’n noodsaakli­ke oorlewings­middel.” k – koppie(s) e – eetlepel(s) GENOEG VIR 2-4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 55 min.

45 ml (3 e) olie vir braai 300 g lamsvleis,

in blokkies gesny 3 uie, grof gekap 6 knoffelhui­sies, grof

gekap 1 stuk gemmer, geskil

en grof gekap 10 ml (2 t) komynsaad 10 ml (2 t) vinkelsaad 2 droë lourierbla­re 1 kaneelstok 15 ml (1 e) fyn koljander 15 ml (1 e) fyn borrie 15 ml (1 e) kerriepoei­er 400 g tamatiepur­ee sout en vars gemaalde

peper 500 g gemengde

groente 750 ml (3 k) water 1 witbrood t – teelepel(s)

1 Verhit die olie in ’n groot pot oor matige hitte en verbruin die lamsvleis 5 min. Voeg die uie, knoffel en gemmer by en braai tot die ui sag is.

2 Voeg die komyn, vinkel, lourierbla­re en kaneel by en laat prut 1 min.

3 Voeg die koljander, borrie, kerrie, tamatiepur­ee, sout, peper en groente by en giet die water in. Verhit tot dit prut en kook 45 min. of tot verdik.

4 Sny die brood middeldeur, hol die binnekante van die twee helftes uit en vul met lamskerrie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa