Huisgenoot

Singende bouer roer nou hartsnare

Ná 16 jaar van optree het Jo Black oornag ’n sangsensas­ie geword met sy musiek wat hartsnare roer

- Deur MARIZKA COETZER

MET sy yslike Wikingbaar­d, arms vol kleurryke tatoes en diep stem het hy vinnig in musieklief­hebbers se hart ingekruip. En Jo Black is geen hierjyhips­ter nie. Die musiekvide­o vir sy eerste enkelsnit, Skepe, was einde verlede jaar nommer een op iTunes. Sy gelyknamig­e debuutalbu­m verkoop nou soos soetkoek.

“Dit het 16 jaar geduur om ’n oornagsens­asie te word,” skerts die 35-jarige sanger. Dis hoe lank hy al, kitaar in die hand, in kroeë sing, eers tussen sy werk as bouer deur en die laaste paar jaar terwyl hy as motivering­spreker die land plattoer. As deel van sy projek Be That Guy/Girl (BTG) lewer Jo onder meer praatjies by skole en spoor leerders aan om ’n beter mens te wees.

Tog sê die pa van twee dogters: “Ek beskou my nie as ’n motivering­spreker nie en wil ook nie so bestempel word nie. Ek is eenvoudig Jo Black wat uit die hart sing en praat . . .”

En duidelik roer hy hartsnare daarmee. Deesdae keer aanhangers die bebaarde sanger gereeld op straat voor om sy handtekeni­ng te vra of vir ’n foto saam met hom te poseer.

Ook hier waar Huisgenoot hom in Pretoria ontmoet, kan niemand die bebaarde sanger miskyk waar hy op ’n swart leerbank sit nie. Maar moenie dink sy welige swart baard was die inspirasie vir sy verhoognaa­m, Jo Black, nie. Nee, dit was ’n BlackBerry-selfoon!

Sy van, Engelbrech­t, was te lank om op die foon in te tik toe hy eenmaal ’n app probeer aflaai, verduideli­k Jo. Toe verander hy dit sommer na Black. (Sy doopnaam wil hy nie verklap nie.)

Die helderkleu­rige tatoes aan sy arms is soos ’n legkaart van sy hart, vertel hy. Tussen die kleurryke beelde is die name van sy vrou, Debbie (30), en dogters, Dinieke (8) en Miané (5).

En wat dink hulle van pa se besonder lang baard? Sy twee meisiekind­ers is gaande daaroor, vertel Jo. Hulle vleg sy baard gereeld en versier dit selfs met pienk en pers strikkies.

Hy beskryf sy gesin as sy grootste inspirasie en dryfkrag. Dit is juis ter wille van hulle dat hy ’n jaar en half gelede sy jare lange werk in die boubedryf vir sy kitaar en motivering­spraatjies verruil het.

Dit was nadat hy op ’n dag besluit het hy wil ’n man wees wat sy vrou bystaan en ’n pa wat met sy kinders speel. “Ek wou eenvoudig begin leef.”

DIÉ nuwe sangsensas­ie het in Pretoria- Noord grootgewor­d as naasjongst­e van Willie (67), nou ’n pensioentr­ekker, en Dorothy (62), ’n bloemis, se vier kinders. Jo wou eers dokter word, maar het gou besef dis net vir slimkoppe, skerts hy.

Van ’n musiekloop­baan het hy nooit gedroom nie. Ná matriek is hy in 2002 Bahrein en Katar toe. Daar was sy eerste werk as bestuurder van ’n nagklub. ’n Klant in die klub het hom werk in die boubedryf aangebied en hy het onder meer leer brûe bou.

Toe hy ná ses jaar terugkeer na SuidAfrika, het hy weer bouwerk gedoen en fondamente vir skole, huise en polisiekan­tore gelê.

Skaars ’n jaar later, in 2009, het Jo se toekomstig­e vrou sy oog gevang toe hy vir ’ n werkonderh­oud opdaag by ’ n motorhande­laar, waar Debbie in die finansiële afdeling gewerk het.

Reeds met hul eerste ontmoeting het hy geweet sy is sy trouvrou.

“Ek was lekker windgat en het ’ n sleutelrin­g aan haar vinger gesteek en gesê ek gaan nog met haar trou,” vertel hy en lag. Die volgende jaar het hulle toe inderdaad afgehaak.

Jo het steeds sy brood in die boubedryf verdien, maar in November 2015 het hy sy veiligheid­shelm finaal afgehaal. “Ek kon dit net nie meer doen nie: om vroegoggen­d op te staan en eers laatnag terug te keer huis toe. Dinge wat eers saak gemaak het, was nie meer vir my belangrik nie, want ek wou by my mense wees,” sê die toegewyde gesinsman.

Toe sou hy nooit kon dink dat hy net ’n jaar later sy eerste enkelsnit sou uitreik en dat dit derduisend­e trefslae op YouTube sou kry nie . . .

Pleks van droom oor ’n sangloopba­an het hy met sy BTG-projek begin. Sy heel eerste optrede was by die Hoërskool Pretoria-Noord, waar hy gematrikul­eer het. Die kern van sy boodskap is eenvoudig: “Wees iemand wat almal soos iemand laat voel.”

Vandag het Jo al meer as 200 skole landwyd besoek. Die projek het danksy borgskappe ook al uitgekring na kampe vir vroue, manne, kinders en kerke.

TUSSENDEUR het hy steeds musiek gemaak. Op ’n aand in Maart 2016 het hy in ’n kroeg in Pretoria gesing toe Jenny Griesel, bemarking s direkteur van die musiek vervaardig­er Johan Vorste r se produksiem­aatskappy, Inhoud Huis, hom raaksien.

Jo sê voor hulle hom genader het, het hy nooit daaraan gedink om ’n CD op te neem nie. Hy het 12 van die 13 snitte daarop help skryf.

Hy beskryf sy eerste album as die grootste gebeurteni­s in sy lewe en sê dit is ’n lekker gevoel wanneer mense hom herken. “Ek is so dankbaar dat my aanhangers my musiek so goed ontvang.”

Al ry hy nou die kruin van sukses, vertel sy hipster-voorkoms ’n verhaal van lief en leed.

Hoewel Jo spot sy baard steek sy dubbelken weg, vertel dit ook ’n hartseer verhaal: Die baard herinner hom aan sy geliefde oupa Joe, wat ook ’n lang baard gehad het. Hy het in 2015 sy stryd teen prostaatka­nker verloor.

Tydens sy oupa se siekbed het Jo hom ondersteun deur sy baard te help versorg. Sy geliefde oupa se gesig is ook op Jo se linkerboar­m getatoeëer.

Die voorarm lyk soos iets uit ’n inkleurboe­k met vier hibiskusbl­omme daarop, een vir elke vrou in sy lewe: sy ma, vrou en twee dogters. Op sy regterarm pryk sy dogters se name met helderkleu­rige sterretjie­s daarby.

Dan is daar ook ’n engel met ’n rooi hart langs die woorde “Amazing Grace” en ’n mikrofoon as simbool vir sy liefde vir musiek.

Jo se gunsteling­tatoe is die een op sy linkervoet, die een van sy vrou se naam, beduie hy terwyl hy sy broekspyp oplig.

HOE het die sukses van sy CD en die kitsroem sy lewe verander?

Darem nie te veel nie, meen hy. Sy lewe het net besiger geword. Hy toer steeds rond met sy BTG-projek, maar moet ook tyd inruim vir musiekoptr­edes en mediaonder­houde. “Ek moet nog aan al die radio, televisie en media-aandag gewoond raak,” erken hy.

Tog is hy dankbaar daarvoor, want hy voel dit bied hom ’n platform om sy opbouende boodskap op groot skaal te versprei. Hy wil musiek maak “wat waarde toevoeg tot die samelewing”, sê Jo.

“Ek vat elke dag soos dit kom, en probeer die lewe ten volle geniet en my uitleef. Ek wil musiek maak tot ek eendag nie meer kan sing nie.”

Al skyn die kollig nou vol op dié bebaarde man met die tatoes en diep stem, bestaan geen gevaar dat al die roem sal kop toe gaan nie, verseker hy jou. “Ek is net doodgewone ou Jo Black!”

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Die nuwe Afrikaanse sangsensas­ie Jo Black het ’n jaar en ’n half gelede sy veiligheid­shelm vir sy kitaar verruil. En kyk nou net! NAASLINKS: Op die onlangse KKNK het Jo die aanhangers met sy liedjie Skepe betower. LINKS: Jo neem ’n selfie terwyl hy en sy span liedjies opneem.
HOOFFOTO: Die nuwe Afrikaanse sangsensas­ie Jo Black het ’n jaar en ’n half gelede sy veiligheid­shelm vir sy kitaar verruil. En kyk nou net! NAASLINKS: Op die onlangse KKNK het Jo die aanhangers met sy liedjie Skepe betower. LINKS: Jo neem ’n selfie terwyl hy en sy span liedjies opneem.
 ??  ?? LINKS: Jo het sy baard in 2015 afgeskeer om ’n snor te kweek vir Movember. BO: Hy beskryf sy vrou, Debbie, en twee dogters, Miané (naaslinks) en Dinieke, as sy dryfrag.
LINKS: Jo het sy baard in 2015 afgeskeer om ’n snor te kweek vir Movember. BO: Hy beskryf sy vrou, Debbie, en twee dogters, Miané (naaslinks) en Dinieke, as sy dryfrag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa