Huisgenoot

NUWE PERSPEKTIE­F GEE DEURSLAG

-

Arme ekke! As daar een ding is wat ’n mens van jou krag beroof, is dit selfbejamm­ering. Dis so maklik om in die “arme ekke”-sindroom te verval. Dan is alles iemand anders se skuld en hoef jy vir niks verantwoor­delikheid te aanvaar nie. En ’n mens kan maklik geheg raak aan die besorgdhei­d van ander.

Werklike bedroefdhe­id is iets anders; dit verg tyd, geloof, hoop en liefde om te bowe te kom. Maar selfbejamm­ering is meestal selfsugtig en onprodukti­ef.

Ek het self al in dié gat geval. Drie dae en drie nagte het ek gehuil weens bejammerin­g. Ek kon nie ophou nie. Die vierde dag bel ’n kennis my met ’n hartseer sto-

rie. Vol simpatie het ek na haar probleem geluister. Toe ek aflui, kom ek agter ek het ophou huil. Eers toe ek ophou aan “arme ekke” dink, kon ek weer asemhaal.

Ek het begin belangstel in wat om my aangaan. Skielik het dit beter begin gaan. Destyds was ek ’n boekhoudst­er op ’n klein dorpie. Nie lank daarna nie was ek ’n kostereken­kundige by ’n groot fabriek op die buurdorp; twee jaar later was ek die rekenmeest­er by ’n motorfirma op dieselfde dorp. En ’n jaar later het ’n firma in Johannesbu­rg my aangestel as die eerste vroueverko­opspersoon van hul administra­tiewe stelsels (ter wêreld!) – met ’n maatskappy­motor, basiese salaris, kommissie en ’n reistoelaa­g.

Toe ek van “arme ekke” vergeet, het die deure van die lewe vir my begin oopgaan. JOHANNA Ek het my met Huisgenoot se resepte leer kook en bak. Saam is ons wenners in die kombuis. Baie dankie daarvoor. HENDRIKA OKHUIS, ATLANTIS Op Saterdag 27 Mei het ek in Boksburg in ’n supermark se koffierest­aurant ’n meisietjie in ’n rolstoel ontmoet. Aan haar wil ek net sê: Jy is die mooiste engeltjie met die pragtigste glimlag en liefste geaardheid. Jy het so diep in my hart ingekruip en sal altyd daar bly. Dankie, my engelkind, vir die drukkie; dit was baie spesiaal. Ek hoop ek sien jou en jou oulike boetie weer. TANNIE SUE Elke brief in Huisgenoot van 1 Junie het my twee keer laat dink, en meer as een was myns insiens ’n wenbrief. LESER Karel Schoeman wou nie meer leef nie. Piet Byleveld wou nie sterf nie en het geveg om te bly leef. Ag, hoe hartseer tog! As hulle net plekke kon geruil het. RIA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa