Huisgenoot

SLEUTELGET­UIENIS

- (Blaai om)

Dr. Marianne Tiemensma (forensiese pato

loog) Henri beweer hy is aan sy bors gesny en teen sy maag gesteek terwyl hy met die aanvaller baklei het, maar Marianne meen hy was self vir dié wonde verantwoor­delik.

Volgens haar is die snye te netjies. Sy het getuig: “Wanneer meswonde self toegedien is, is dit gewoonlik vlak en vermy dit sensitiewe gedeeltes.” Al Henri se wonde is volgens haar vlak, meestal saam gegroepeer, in dieselfde vorm, parallel aan mekaar en op plekke wat hy maklik kon bykom.

Marianne het ook twyfel gewerp op Henri se weergawe dat hy flou geraak het. Sy het getuig 90 persent van mense wat harsingsku­dding opdoen, verloor nie hul bewussyn nie – en indien wel, vir hoogstens ’n paar minute. As Henri van skok flou geraak het, sou dit volgens haar van korte duur gewees het. Prof. Johan Dempers (forensiese patoloog) Dit is ongewoon dat ’n aanvaller party lede van ’n gesin ernstig met ’n byl aanval, maar net een minder ernstig beseer, het Johan in ’n verslag oor Henri se beserings geskryf. Gewoonlik sal aanvallers almal ernstig seermaak. Dis ook vir Johan moeilik om te glo die aanvaller sou Henri met ’n mes in die sy steek en dan die mes los en vlug. Sers. André Hitchcock (misdaadton­eelontlede­r) Daar was aanduiding­s dat bloed in die wasbak, teen die stort se deur en in die hoek van die stort weggewas is, het hy getuig. Dit is opgespoor toe die polisie ’n middel op dié gebiede sproei wat gloei wanneer dit met ou bloed in aanraking kom. Lt.kol. Henry James Stewart (forensiese spesialis) In die beseerde Marli se hand is hare gekry wat met Henri s’n ooreenstem en wat lyk of dit met krag uit die kop gepluk is, het Henry getuig. Pieter het aangevoer Henry mislei die hof omdat die hare op allerlei ander maniere in Marli se hand kon beland het. Daar was benewens Henri s’n ook hare in Marli se hand wat nie geëien kon word nie. Dr. Daphné Anthony (patoloog wat die lykskouing­s op die Van Breda’s gehou het) Al drie Van Breda’s het weens kopbeserin­gs beswyk, het Daphné getuig. Rudi en Martin het bloed in hul maag gehad, wat beteken hulle het nog geleef nadat hulle aangeval is en ’n ruk bloed gesluk. Albei het kapwonde aan die agterkop gehad. Rudi het verdedigin­gswonde aan sy linkerpink­ie gehad, maar Martin het nie verdedigin­gswonde gehad nie.

Rudi het waarskynli­k op sy bed gelê en die aanvaller sien nader kom. Hy het sy hand gelig en die aanval vergeefs probeer afweer, het sy getuig.

Volgens Daphné het Teresa ook haar aanvaller sien kom omdat ook sy verdedigin­gswonde gehad het. ’n Mens kan aflei sy is dadelik ná die aanval dood omdat geen bloed in haar longe of maag was nie. Teresa het ’n groot kapwond regs voor aan haar kop gehad.

Marli se wonde dui daarop dat sy verbete baklei het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa