Huisgenoot

WAT SÊ DIE REGSKENNER­S?

-

Eers het hy gedink die verdedigin­g se saak lyk sterk toe hulle aantoon inbrekers sou wel De Zalze se veiligheid­smaatreëls kon omseil, sê Marius du Toit, ’n strafregpr­okureur van Pretoria.

“Maar soos die saak aangaan, lyk dit ál meer of die staat Henri vasspin. Die verdedigin­g sal moet uithaal en wys,” is sy gevoel daaroor.

Vir hom is dit veelseggen­d dat ’n byl soortgelyk aan die moordwapen in die opwaskamer in die kombuis gebêre is en dat dit nie buite rondgelê het nie, waar ’n inbreker dit sou kon gegryp het.

“Henri se oppervlakk­ige beserings wat nie met die res van die gesin se grusame wonde ooreenstem nie, sê die meeste. Ook dat dit voorkom asof niks gebuit is nie.”

Leon van der Merwe, ’n strafregpr­okureur van Kaapstad, sê ook die staat se getuienis oor die selftoeged­iende wonde was tot dusver vir hom die belangriks­te.

Tog is dit moeilik om net hierop peil te trek voor die verdedigin­g se kenners getuig het. Hy meen daar sal eindelik twee weergawes van die nag se gebeure wees en die regter sal moet besluit watter een hy glo.

Henri se eie getuienis sal ook belangrik wees – en of die hof hom as ’n goeie en geloofwaar­dige getuie beskou.

Volgens Marius hang vraagteken­s oor Henri se weergawe van die gebeure.

Maar ’n mens sal eers weet wat om te dink nadat die verdedigin­g hul saak gestel het. Hy meen ’n mens moet versigtig wees om uitsprake te maak voor die verhoor afgehandel is.

 ??  ?? LINKS en REGS: Van die eerste dag van die verhoor al hou die media en belangstel­lendes Henri met ’n arendsoog dop.
LINKS en REGS: Van die eerste dag van die verhoor al hou die media en belangstel­lendes Henri met ’n arendsoog dop.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa