LYFTAAL EN UITRUSTINGS
Henri wil volwasse lyk en wys hy is in beheer van sy situasie, sê dr. Denise Björkman, ’n lyftaalkenner van Johannesburg. “Hy maak min emosionele kontak met die mense in die hof en is op sy pasoppens,” sê Denise.
Vroue het juweliersware, grimering, skoene en klere om iets mee te sê, terwyl mans dasse en sokkies gebruik om hul stempel af te druk, sê Denise.
“Henri gebruik kleurryke dasse om uit te staan.”
Die jong beskuldigde dra pakke in skakerings van blou of vaal en interessante dasse, soos ’n das met ’n afbeelding van die Nederlandse skilder Vincent van Gogh se skildery Sterrenag daarop.
Denise sê Henri kon dit ook nie weerstaan om sy individualiteit te wys deur eenkeer ’n paar rooi sokkies aan te trek nie.