Huisgenoot

TAMAAI ONTBYTBRAA­IBROODJIE

- 2 3 4 5

LEWER 1 (HOEVEELHED­E IS PER PERSOON) Bereiding: 7 min. Gaarmaak: 15 min. 2 snye plaasbrood 2-3 repe spekvleis 1 varkworsie olie vir vlakbraai 1 eier sout en peper 2-3 babatamati­es 2-3 velle cheddar

Rooster die brood in ’n verhitte skottelbra­ai of oor die kole tot alkant bruin. Hou eenkant.

Braai die spekvleis en wors oor die kole in ’n verhitte skottelbra­ai of pan tot gaar en skep uit.

Vee van die vuiligheid en panvet uit, voeg ’n klein bietjie olie by en breek die eier daarin. Braai tot net gaar. Die geel moet nog lekker sag wees. Geur met die sout en peper en skep uit.

Braai die tamaties tot dit net wil begin oopbars. Geur met die sout en peper.

Plaas ’n sny roosterbro­od op ’n bord en plaas ’n vel kaas, ’n reep spek en ’n varkworsie bo-op. Plaas nog ’n kaasvel op, dan die eier, nog ’n reep spek, ’n kaasvel en die tamaties. Maak toe met nog ’n sny roosterbro­od. Steek vas met ’n sosastiest­okkie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa