Huisgenoot

BRAAIPASTE­I

-

Regte mannekos. Biltong en sampioene maak dié braaipaste­i besonders. Maak roereier hierby as jy wil. GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: 15-20 min. 1 x 400 g-rol skilfer

korsdeeg, ontdooi 1 ui, in ringe gesny ’n bietjie olie 250 g sampioene,

dun gesny 1 x 230 g-bakkie room

kaas, stingelui-geur ’n groot hand vol klam

biltong ’n groot hand vol beleë gouda of cheddar, gerasper ekstra biltong en suurlemoen­skyfies vir voorsit

1 Rol die deeg effe dunner uit.

2 Braai die ui in die olie tot sag. Voeg die sampioene by en braai tot bruin. Roer die roomkaas by.

3 Plaas die deeg op ’n skoon oppervlak en versprei die ui-enkaasmeng­sel oor die helfte daarvan. Sprinkel ’n goeie laag klam biltong en die gerasperde kaas oor.

4 Vou die skoon deel van die deeg oor die vulsel en druk die kante met ’n vurk vas.

5 Plaas die pastei versigtig in ’n toeklapbra­airooster wat met kossproei bespuit is en braai oor matig warm kole tot die deeg goudbruin en gaar is.

6 Sny in skywe en sit voor saam met die ekstra biltong en suurlemoen­skyfies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa