Huisgenoot

BEESVLEIS-EN-BIERPASTEI

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 15 min. Gaarmaak: net langer as 2 uur

1-1,5 kg potjiekos

beesvleis sout en peper 30 ml (2 e) olie 2 uie, in skyfies gesny 4 knoffelhui­sies,

fyngedruk 2 wortels, in stukke

gesny 2 lourierbla­re 1 roosmarynt­akkie 45 ml (2 e) meel 500 ml (2 k) bees

vleisaftre­ksel 1 x 330 ml-blikkie bier 500 g skilferkor­sdeeg 1 eiergeel, gemeng

met 5 ml (1 t) water 5 ml (1 t) mosterd

saadjies, opsioneel Bespuit ’n oondbak goed met kossproei.

1 Geur die vleis oraloor met die sout en peper. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die vleis in sarsies tot lekker bruin. Skep uit en hou eenkant.

2 Braai die uie in dieselfde pot tot bruin. Voeg die knoffel by en roerbraai 1 min.

3 Voeg die wortels, lourierbla­re en roosmaryn by. Skep die vleis terug in die pot en sprinkel die meel oor. Meng goed.

4 Giet die aftreksel en bier by en laat prut 1½ uur of tot die vleis sag is en van die been afval. Voeg nog water by as die stowe te droog kook.

5 Haal die bene uit en hou die vleis (in die sous) eenkant om af te koel.

6 Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer die oondbak met die deeg uit. Skep die vleis (met van die sous) in die deeg. Verf die kante met ’n bietjie van die eiermengse­l.

7 Bedek die vulsel met enige oorblywend­e deeg. Druk om die kante vas en verf die hele bokant met die eier. Sny ’n gleufie in die middel van die pastei en sprinkel die mosterdsaa­djies oor (indien gebruik). Bak 35-40 min. of tot die deeg goudbruin en gaar is.

(Blaai om)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa