Huisgenoot

WORSIES IN UIEBIERSOU­S

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 25-30 min.

15 ml (1 e) olyfolie 15 ml (1 e) botter 2 uie, in skyfies gesny 2 knoffelhui­sies,

fyn gekap 1 x 330 ml-bottel

sider 8 vark- of beesvleis

worsies sout en vars gemaalde

peper KAPOKAARTA­PPEL 6 aartappels, geskil en

gekook tot gaar 15 ml (1 e) botter 30 ml (2 e) room of

melk ’n knippie fyn neut

muskaat (opsioneel)

1 Verhit die olie en botter in ’n groot pan. Braai die uie stadig oor lae hitte tot gekaramell­iseer. Voeg die knoffel by en roerbraai 1 min.

2 Roer die helfte van die sider by en laat prut tot die sous gereduseer het. Pak die worsies tussen die uie; braai tot gaar. Draai die worsies gereeld om sodat dit nie bars nie.

3 Voeg nog sider bietjie-bietjie by terwyl die worsies braai. Geur met sout en peper. 4 Kapokaarta­ppel Druk die aartappels fyn, meng die res van die bestanddel­e goed deur en geur na smaak met sout.

5 Sit die worsies voor saam met die kapokaarta­ppel en sous.

Vir ’n minkoolhid­raat-opsie, maak blomkoolpl­eks van aartappelk­apok: Breek 2 blomkole in boompies en plaas in ’n kastrol saam met 30 ml (2 e) water. Plaas die deksel op en verhit. Stoom die blomkool tot sag en gaar. Voeg 30 ml (2 e) botter by, maak fyn met ’n staafmenge­r en geur met sout.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa