Huisgenoot

CHARLES SE REAKSIE

-

Die prins was “absoluut verslae” toe hy hoor sy eksvrou is dood, sê Tina Brown, die skrywer van The Diana Chronicles, ’n biografie oor die prinses wat in 2007 verskyn het.

“Hy het ineengesto­rt, heeltemal ineengesto­rt. Hy het oombliklik geweet dit sou iets verskrikli­ks wees – dat die skuld vir Diana se dood op hulle (die koninklike­s) gepak sou word.”

Dalk het dit hom laat besluit om Parys toe te gaan om self haar oorskot terug Engeland toe te bring. Eers het die koningin geweier om hom die privaat koninklike vliegtuig te leen.

“Wel, wat wil jy hê? Dat sy agterin ’n Harrods-paneelwa terugkom?” het Charles glo uitgeroep. Die bekende Londense afdelingsw­inkel Harrods het toe behoort aan Mohamed al-Fayed, pa van Diana se kêrel, Dodi Fayed, wat saam met haar verongeluk het.

“Op die ou end het Charles die rusie gewen,” vertel Tina. “Op ’n kol het dit regtig

gelyk of hy op ’n gewone vlug Parys toe sou moes vlieg en ’n taxi op die lughawe haal, wat ondenkbaar sou gewees het.

“Die ironie is dat Charles vir Diana baklei het, meer as wat hy ooit in haar leeftyd vir haar geveg het.”

 ??  ??
 ??  ?? Prins Charles het daarop aangedring om self Parys toe te gaan om Diana se liggaam Londen toe te bring.
Prins Charles het daarop aangedring om self Parys toe te gaan om Diana se liggaam Londen toe te bring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa