Huisgenoot

WILLIAM EN HARRY SE SMART

-

William (toe 15) en Harry (12) was saam met hul pa op Balmoral. Die koningin en Charles wou hulle nie in die middel van die nag wakker maak met die tyding nie. Hulle het gewag tot die oggend. Daarna is hulle kerk toe. “Die eerste wat ons die seuns gesien het, was toe hulle kerk toe gaan vir die erediens. Die mense het gesê: ‘Hoe kon hulle? Hierdie seuns het pas hul ma verloor,’ ” vertel Ingrid. Die koningsges­in se besluit om soos enige Sondag die erediens by te woon het Harry verwar. “Is mamma regtig dood?” het hy in die kerkbank gevra.

‘Is mamma regtig dood?’

 ??  ?? Die prinse Harry, Charles en William. Die seuns het eers die oggend gehoor hul ma is dood.
Die prinse Harry, Charles en William. Die seuns het eers die oggend gehoor hul ma is dood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa