Huisgenoot

MOTOR VAN DIE DOOD

-

Die Mercedes-Benz S-280 waarin Diana op haar noodlottig­e laaste rit gery het, was onpadwaard­ig, is in ’n nuwe dokumentêr onthul wat onlangs in Frankryk uitgesaai is. Die motor waarmee die chauffeur Henri Paul vir steelfotog­rawe in die Pont de l’Alma-tonnel probeer wegjaag het, was “skaars bestuurbaa­r”, sê ’n chauffeur wat vir die Ritz-hotel gewerk het waar Diana en Dodi daardie aand tuisgegaan het.

Die Mercedes het voorheen aan ’n bemarkings­hoof behoort wat aan Franse joernalist­e gesê het sy versekerin­gsmaatskap­py het die voertuig afgeskryf nadat diewe dit gesteel en ’n ongeluk daar- meemee gemaak hethet.

Maar die skroothand­elaar het dit herstel en aan ’n verhurings­firma verkoop wat motors aan die Ritz verskaf het, word in die dokumentêr beweer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa