Huisgenoot

VAN DIE VROUE

-

Die 32-jarige Gal Gadot (links, by die voormalige Wonder Woman Lynda Carter), ’n Israelse ma van twee dogters, sê sy is trots daarop om vir jong meisies ’n rolmodel te wees. “Ons het al so baie manlik gedrewe stories gesien; hoe meer sterk, vroulike verhale ons het, hoe beter,” sê Gal, wat in drie Fast & Furiousfli­eks die rol van die aksieheldi­n Gisele Yashar vertolk het.

Robin Wright (51, van House of Cards) speel Diana se tante en mentor, genl. Antiope. Sy meen ’n superheldf­liek oor ’n vrou, onder die regie van ’n vrou (Patty Jenkins), is ’n waterskeid­ingsoombli­k. “Tydens die fliek se vervaardig­ing was ons vroue in die meerderhei­d,” sê sy. “Daar was baie estrogeen op die stel! Dit was heerlik dat ’n groep meisies die fliek gemaak het. Dit was ligaamlik baie harde werk en hope pret.”

Patty (45) was destyds ook aan die stuur van Monster, die 2003-fliek waarvoor Charlize Theron ’n Oscar gewen het.

Helaas bly die politiek nooit ver agter nie. Die regering van Libanon het Wonder Woman verbied omdat hulle nie ’n fliek wil sien waarin die hoofrol deur ’n Israeli vertolk word nie. (Libanon en Israel is buurlande, maar is mekaar sleggesind.)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa