Huisgenoot

Dis vir altyd, glo Deon

-

Die liefde blom behoorlik tussen die akteur DEONLOTZ en MADELEINE REYNEKE. Volgens Deon, wat van 4 Augustus af as Roelof de Man in die nuwe fliek Krotoa te sien sal wees, is hy en die blondekop al ’n jaar lank ’n paartjie.

“Maar ons ken mekaar al langer. Ons is baie gelukkig en ek beplan om die res van my lewe saam met haar deur te bring,” verklap Deon.

Madeleine, wat ook deesdae dikwels op Deon se foto’s in die sosiale media te sien is, besit ’n droëvrugte­winkel in Melkbosstr­and.

“Sy het altyd na my teaterstuk­ke kom kyk en my films ondersteun,” sê Deon. “Die tye wat ons saam deurbring, is baie lekker. In ons af tyd gaan stap ons, en ons is baie aktief. Dit is vir my wonderlik om iemand spesiaals in myy lewe te hê.”

 ??  ?? Deon Lotz en die liefde in sy lewe, Madeleine Reyneke. Die gewilde akteur is later vanjaar te sien as Roelof de Man in die nuwe fliek Krotoa, wat afspeel in Jan van Riebeeck se tyd.
Deon Lotz en die liefde in sy lewe, Madeleine Reyneke. Die gewilde akteur is later vanjaar te sien as Roelof de Man in die nuwe fliek Krotoa, wat afspeel in Jan van Riebeeck se tyd.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa