Huisgenoot

Nuwe liefde vir Roland

-

Oe-la-la! Daar is ’n nuwe liefde in die Olimpiese swemmer ROLAND SCHOEMAN se lewe! Hy en ADRIANA OLSEN, ’n Amerikaner, het hul verhouding verlede maand amptelik op Facebook aangekondi­g.

Die paartjie was ook onlangs met ’n romantiese vakansie na Indonesië. “’n Klein eilandblaa­skans saam met my jellieman,” het Adriana op Instagram by hul vakansiefo­to’s geskryf.

Die twee het alte lekker in die water baljaar en drankies uit kokosneute geniet.

“Die oomblik toe ek jou sien, het ek geweet ’n avontuur is gereed om te gebeur,” het Adriana die woorde van die tekenkarak­ter Winnie the Pooh by nog ’n foto van hulle geskryf.

 ??  ?? Roland Schoeman en sy meisie, Adriana Olsen, geniet die son en water van Indonesië. Dié liefdesdui­fies het duidelik die skoot hoog deur.
Roland Schoeman en sy meisie, Adriana Olsen, geniet die son en water van Indonesië. Dié liefdesdui­fies het duidelik die skoot hoog deur.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa