Huisgenoot

MICHAEL JACKSON KRY LEWE OP DIE KASSIE

DIE SA VERBINTENI­S Nondumiso Tembe (links) vertolk die rol van Grace Rwaramba, Michael se kinders se oppasser. Dié aktrise is in Durban gebore.

-

HY NOEM hom nie verniet die beste MICHAEL JACKSON- nabootser nie. NAVI, wat die ontslape Koning van Pop al 28 jaar naboots, is die ikoniese ster se ewebeeld in die Lifetime-televisier­olprent Michael Jackson: Searching for Neverland. Dié boorling van Trinidad, wat meermale onder die mes was om na sy ikoon te lyk, en die kinderakte­urs wat Michael se kinders, PRINCE (nou 20),

PARIS (19) en BLANKET (15, wat nou as Bigi bekendstaa­n), speel, lyk onwerklik baie soos die sterre. Beyoncé see stiefpa, RICHARD

LAWSON (70), speel Michael se pa,pa Joe (88).(88) Navi het saam met Michael gewerk voor sy dood in 2009. “Ek het op sy verjaardag­partytjies in New York en Los Angeles opgetree en Neverland besoek. Ek het hom op baie geleenthed­e ontmoet, goed en sleg,” het hy aan E! News gesê.

Die TV-rolprent is gegrond op ’n boek oor Michael se laaste dae wat dié se voormalige lyfwagte Bill Whitfield en Javon Beard geskryf het.

 ??  ?? NAVI (LINKS) AS MICHAEL JACKSON Tonele uit die fliek
NAVI (LINKS) AS MICHAEL JACKSON Tonele uit die fliek
 ??  ?? Richard Lawson (links) as Joe Jackson
Richard Lawson (links) as Joe Jackson
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa