Huisgenoot

VERKIES ORLANDO ’N SOORT MEISIE?

-

KATY, is dit jy? Ons het twee keer gekyk toe ons dié kiekies sien van die Hollywood-hartebreke­r ORLANDO BLOOM (40) en ’n onbekende vrou op ’n strand in Malibu. Sy lyk nie net soos sy eksmeisie KATY PERRY (32) nie; sy trek ook soos die sangeres aan.

Die meisie is sedertdien “ontmasker” en ons wed Katy gaan nie ingenome wees oor saam met wie haar eks kattemaai nie. Volgens gerugte is sy Katy se jare lange vriendin MIA MORETTI (33). Katy en Mia was net ’n maand tevore by die Coachellam­usiekfees in Kalifornië alte danig met mekaar. Sjoe, wat het geword van die reëls van vriendinne wees?

Die Pirates of the Caribbean-ster het met sy gespierde lyf gespog terwyl hy op die strand met sy Katy-ewebeeld gesels het. Hy het selfs ’n foto op Instagram gedeel van haar wat met sy hond stap.

In Februarie is Orlando en Katy ná ’n jaar saam uitmekaar, maar hulle is steeds vriende, sê ’n bron. Luidens berigte is haar hart nog gg gebreek. Arme Katy!y

 ??  ?? KATY SE DUBBEL? KATY PERRY
KATY SE DUBBEL? KATY PERRY
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa