Huisgenoot

Kitaarvirt­uoos Loki ryg die pryse in

Dié talentvoll­e Kaapse musiekmake­r ryg die een prys ná die ander in

- Deur LARA ATSON

BEKROONDE MUSIKANT

Loki, wat op skool reeds die topses van die eerste seisoen van SA’s Got Talent gehaal het, het in April ’n Ghoema losgeslaan vir die luitoon van die jaar vir Blou, sy duet saam met Lau

rika Rauch. In dieselfde maand is hy op die Woordfees as die beste solokunste­naar in die kategorie kontemporê­re musiek aangewys. “ ’n Mens is trots, en erkenning is altyd lekker,” sê dié 26jarige kitaar-virtuoos en sanger.

‘LOUWTJIE’ WORD LOKI

Dié Bellvillie­t se geboortena­am is Lourens Johannes Rothman. “My noemnaam is Louwtjie; toe verander ek dit na Loki. Die spelling is kort en kragtig. Dit verwys na die Griekse god Loki, die god van kattekwaad.”

Dat hy vandag die kitaarsnar­e kan tokkel, is ’n mediese wonderwerk. By geboorte het sy middel- en ringvinger van albei hande aan mekaar vasgesit. As kleuter moes hy 23 operasies ondergaan om dit reg te stel.

Op 11 het hy sy eerste kitaar gekry. “My pa het my op 14 uitgedaag om (die Eagles-liedjie) Hotel California te leer speel. Wanneer ek by vriende gekuier het, het hul ouers altyd gevra ek moet dit vir hulle speel. Ek dink ek het toe lief geraak daarvoor om mense te vermaak.”

Die talentvoll­e ster besit vandag al 34 snaarinstr­umente, van ’n akoestiese/elektriese kitaar en banjo tot Indiese instrument­e, soos die sitar.

SY PAD NA ROEM

Almal in sy gesin, behalwe sy ma, Melissa (53), ’n onderwyser­es, is musikaal. Sy pa, Wilhelm (59), ’n IT-spesialis, speel klavier. “My jonger suster, Margot (17), is baie musikaal en goed in drama. My ouer suster, Grethe (27), is ’n geoktrooie­erde rekenmeest­er,” vertel hy. Grethe was in hul skooldae saam met hom in die Afrikaanse rockgroep Ben-Nevis. In 2013, vier jaar nadat hy as matrikulan­t aan die Hoërskool DF Malan op die SA’s Got Talent-verhoog uitgeblink het, het sy debuut, Light These Fires, op trefferlys­te geboer. Hy is ’n veelsydige musikant wat vyf jaar die wêreld platgetoer het as Jack Parow se kitaarspel­er en al liedjies vir groot name soos Kurt Darren help skryf het. Loki se debuutalbu­m, The Way Back (2015), is in die popkategor­ie vir ’n Sama benoem. Verlede jaar is sy eerste Afrikaanse enkelsnit, Ons op Ons Eie, uitgereik. Dis die temalied van die romantiese tienerkome­die Jou Romeo. Hy werk nou aan ’n nuwe soloalbum en skryf musiek vir die rolprent Liewe Kersfeesva­der, wat later vanjaar uitgereik word. Tussen sy optredes deur het hy ook ’n musiekskoo­l, maar hierop moes hy noodgedwon­ge afskaal. “Ek het nog drie studente, maar aanvaar nie nuwes nie. Dit is lekker om terug te gee en met jong mense te werk.”

SY LIEFDE

Sy meisie, Mari Conradie (27), is ’n grimeerkun­stenaar en stilis vir onder meer Boer Soek ’n Vrou. Hy het haar twee jaar gelede in ’n kuierplek ontmoet. “Vanweë ons beroep is ons albei nogal baie op die pad. Wanneer ons wel tuis is, braai ons of kuier saam met vriende en familie,” sê hy. Loki is duidelik romanties; hy sing die meeste oggende vir haar iets!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa