Huisgenoot

Local Is Lekker

-

Vadersdag is om die draai – e en kyk net wat ’n goeie pappa is die oud-Springbok Bryan Habana! Hy en klein TIMOTHY (2) hang altyd heerlik saam uit.

Pa en seun het onlangs by hul huis in Frankryk, waar Bryan vir Toulon rugby speel, duikbrille opgesit om hul swembad saam te verken.

Hulle het onlangs ook die pastei-in-jou-gesig-speletjie nader getrek. Klein Timothy het die oorhand gehad en Bryan was die een wat ’n gesig vol room gehad het! Timothy vier vandeesmaa­nd sy derde verjaardag, en kyk ’n mens so na die vreugdevol­le oomblikke tussen die klein mannetjie en sy rugbyspele­r-pa, kan ons nie wag om te sien wat sy verjaardag­partytjie alles inhou nie! TrotseTr ouers is die sanger KURT DARREN en sy vrou, DUNAY, beslis. Hulle deel alte graag foto’s in die sosiale media van hul dogtertjie, KYRAH (2), en seuntjie, KADE (8 maande). Kurt is duidelik ’n pa duisend wat selfs nie skroom om sy blouoogdog­tertjie se pienk bril te dra omdat sy pappa s’n verkies nie. “Wel, my engel hou meer van my bril, pappa se plig mos,” lui ’n Facebook-inskrywing by ’n foto van dié kostelike oomblik. En terwyl Kade op ’n swemuitsta­ppie ewe koel in sy swembroek lyk, is arme Dunay sopnat. Dit is duidelik dié twee kleingoed is vir hulle enige opoffering werd. Kyk net hoe dierbaar is die sanger ARNO JORDAAN en vroulief Lizanie se twee seuntjies, MILAN (3) en

LUKA (9 maande). “Jammer as ek julle irriteer met Facebook-inskrywing­s oor my kinders en familie, maar dis deesdae al waaroor ek wil praat en saam met wie ek elke dag wil wees,” het Arno by die oulikste foto’s van sy blouoogseu­ns in die sosiale media geskryf.

“Dis vir my die lekkerste ding ooit om twee gesonde, wonderlike seuntjies te hê. Dis waaroor die lewe gaan!” Ons stem saam, Arno. Hulle is darem pragtig!

Partytjiet­yd in die Strydom-huis . . . Die Expresso-aanbieder

EWAN STRYDOM en sy vrou, Adrienn, se jongste, DOMINIC, het onlangs twee jaar oud geword het.

Terwyl vir hom gesing is, het die vriendelik­e knapie sy verjaardag­koek – in die vorm van die strokieska­rakter Peppa Pig – bewonder.

Sy ouboet, KEAN (4), kon duidelik nie wag om daaraan weg te lê nie en het opgewonde vir sy kleinboet beduie hoe die koek gesny gaan word.

 ??  ?? REGS: Dominic lag terwyl hy op sy pa, Ewan Strydom, se nek sit. REGS BO: Ouboet Kean (links) verduideli­k vir Dominic hoe sy koek gesny gaan word.
REGS: Dominic lag terwyl hy op sy pa, Ewan Strydom, se nek sit. REGS BO: Ouboet Kean (links) verduideli­k vir Dominic hoe sy koek gesny gaan word.
 ??  ?? L LINKS: Pa Arno Jordaan. BO: Ouboet Milan (links) gee kleinboet Luka ’n druk. En w wie wil hom nou nie opdruk nie! dru
L LINKS: Pa Arno Jordaan. BO: Ouboet Milan (links) gee kleinboet Luka ’n druk. En w wie wil hom nou nie opdruk nie! dru
 ??  ??
 ??  ?? BO::BO Pa Kurt Darren se bril is fraaier as sy dogtertjie,gdog Kyrah, s’n. LINKS: Ma Dunay is pa papnata nadat baba Kade ’n bietjie lyf natge gemaake het. LINKS ONDER: Kurt gooi sy do dogtertjie, Kyrah, in die lug op.
BO::BO Pa Kurt Darren se bril is fraaier as sy dogtertjie,gdog Kyrah, s’n. LINKS: Ma Dunay is pa papnata nadat baba Kade ’n bietjie lyf natge gemaake het. LINKS ONDER: Kurt gooi sy do dogtertjie, Kyrah, in die lug op.
 ??  ??
 ??  ?? DieDi oud-Springbok Bryan Habana en sy se seun, Timothy, se speeltyd lyk altyd na di die grootste fees.
DieDi oud-Springbok Bryan Habana en sy se seun, Timothy, se speeltyd lyk altyd na di die grootste fees.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa