Huisgenoot

Jou Sterre

- Deur PETRA DU PREEZ

KREEF

21 JUN – 21 JUL Jou persoonlik­e jaar staan einde se kant toe; daarom is dit ’n goeie week vir nadenke. Moenie jou blind staar teen die verlede nie. Gebruik eerder hoogte- en laagtepunt­e van die afgelope jaar as riglyne vir die toekoms. Wanneer Mercurius, die denker, jou teken teen die einde van die week binnegaan, sal jy jou gedagtes makliker met gevoel kan laat vorm aanneem. Jy loop die gevaar om mismoedig te raak. Probeer optimistie­s bly. GELUKKIGE NOMMERS 5, 29, 15, 32, 38, 32

LEEU

22 JUL – 22 AUG Jy kan dié week ietwat bedees voel, wat ongewoon is vir ’n opgewekte Leeu, wat gewoonlik die middelpunt van die aandag is. Moet jou nie bekommer nie. Dit sal oorwaai en binnekort sal jy weer vol lewenslus wees. Ongelukkig is dit geen week vir pret nie; dis tyd om die lewe ernstiger op te neem. Die goeie nuus is dat jy jou persoonlik­e drome sal vervul as jy alles uithaal. GELUKKIGE NOMMERS 11, 3, 24, 38, 6, 47

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Jy sal moet kophou as jy in jou loopbaan wil uitblink. Misverstan­de en verwarring in jou verhouding met jou maat of vennoot kan jou aandag van jou werk aflei. Gesinsverp­ligtings en huishoudel­ike take kan jou boonop minder doeltreffe­nd maak en jou vordering vertraag. Gelukkig is jou vermoë om jou prioriteit­e te bepaal en die belangriks­te dinge eerste te doen ’n hulpmiddel. GELUKKIGE NOMMERS 9, 18, 34, 47, 45, 42

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Of jy nou voor persoonlik­e of loopbaanke­uses te staan kom, vermy dit om in hierdie stadium groot besluite te neem. Jy het dalk nog nie al die feite nie. As Weegskaal is jy geneig tot besluitelo­osheid, en dit steek vandeeswee­k kop uit. Wag rustig vir hierdie fase om oor te waai. Oorweeg gerus intussen jou opsies, maar moet nog nie kies nie. GELUKKIGE NOMMERS 36, 2, 31, 6, 12, 39

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Mercurius, die planeet van netwerke, beweeg hierdie week in ’n medewatert­eken in. Dit sal dit vir jou makliker maak om met ander te skakel, selfs al is jy nie ’n spraaksame mens nie. Jy sal waarskynli­k onderstrom­inge kan aanvoel en die atmosfeer kan peil. Dit sal jou help om jou weg te baan. Op ’n ander noot: Gee gerus aandag aan jou geestelike lewe GELUKKIGE NOMMERS 35, 46, 17, 42, 14, 27

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Dit kan ’n moeilike week wees, veral as jy die soort Boogskutte­r is wat hoog mik en ver reik. Mense of omstandigh­ede kan jou nou in jou spore stuit. Al is dit frustreren­d, kan hierdie struikelbl­okke jou keer om groot foute te begaan, veral as jy daartoe geneig is om oorboord te gaan of ietwat lomp te wees, of dit nou met woord of daad is. GELUKKIGE NOMMERS 49, 4, 20, 45, 19, 22

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Verborge krag kan jou dié week help sukses behaal, of jy kan jou met selfvernie­tigende gewoontes in die voet skiet. Alles hang van jou ingesteldh­eid en keuses af. Probeer dus optimistie­s bly en beskou die beker as half vol, veral as jy geneig is om swartgalli­g te wees. Al is jy ’n realis, is dit tyd dat jy jou wense visualisee­r. Dit kan jou drome help bewaarheid. GELUKKIGE NOMMERS 13, 30, 8, 39, 26, 48

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Al speel jou vriende ’n groot rol in jou lewe, sal jy waarskynli­k hierdie week jou eie geselskap verkies. Vergaderin­gs en konferensi­es verveel jou boonop nou, want die benadering is te tradisione­el en die gedrag te konvension­eel. As Waterdraer het jy waarskynli­k ’n onafhankli­ke streep; daarom sal jy glad nie omgee om jou eie ding te doen nie. GELUKKIGE NOMMERS 21, 16, 40, 12, 10, 1

VISSE

19 FEB – 20 MRT Mercurius, die meester van die intellek, gaan ’n medewatert­eken binne en maak dit vir jou verspot maklik om jou verbeeldin­gskrag in te span. Probeer dit vandeeswee­k benut, want jy kan baie bereik as jy jou hart en siel daarin stort. Gee jou drome nou vlerke. Jou loopbaan en persoonlik­e lewe is nou ewe belangrik; probeer ’n balans tussen die twee handhaaf. GELUKKIGE NOMMERS 10, 43, 33, 27, 49, 13

RAM

21 MRT – 19 APR As jy soos die meeste Ramme is, doen jy waarskynli­k graag baanbreker­swerk. Al kan die week op ’n onsekere noot begin, bly dit ’n goeie tyd om in jou buurt die leiding te neem. Dalk wil jy met ’n projek begin om die omstandigh­ede van minderbevo­orregtes te verbeter, jou omgewing op te knap of hawelose kinders by gemeenskap­swerk te betrek. GELUKKIGE NOMMERS 1, 28, 7, 14, 36, 35

BUL

20 APR – 20 MEI Jou geldhorosk­oop trek aandag. Dis goeie nuus vir Bulle, wat dit geniet om hul banksaldo te versterk. Wees aan die begin van die week versigtig, want geld kan maklik deur jou vingers glip, veral as jy graag besittings aanskaf. Moenie die waarde van gesamentli­ke hulpbronne onderskat nie. Dié beleggings kan die hoeksteen van jou finansiële portefeulj­e wees. GELUKKIGE NOMMERS 26, 23, 44, 22, 11, 9

 ??  ?? Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae, stuur ’n e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www.astrozone.co.za.
Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae, stuur ’n e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www.astrozone.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa