Huisgenoot

Bylmoordve­rhoor: ’n oorsig

Die bylmoordve­rhoor ontvou soos iets uit ’n riller, met dramatiese oomblikke en opspraakwe­kkende getuienis

- Deur MARELIZE POTGIETER

DRIE bebloede lyke. ’n Verminkte tienermeis­ie. ’n Bebloede byl op die trap van ’n spoghuis. ’ n Oorlewende seun met ’ n uitdrukkin­glose gesig.

Sowat twee jaar was dit die enigste stukkies van die legkaart. Sedert die slagting van die Van Bredagesin in hul woning op die De Zalzegholf­landgoed by Stellenbos­ch was dié skrapse besonderhe­de al wat die wêreld gehad het om mee sin te maak van wat tydens die nag van geweld gebeur het.

Kan die oorlewende seun, Henri, se storie waar wees dat ’n vreemdelin­g die huis binnegekom en sy gesin afgemaai het? Of het iets selfs ergers dalk gebeur? Party mense het die ysingwekke­nde gedagte begin opper van ’n seun wat in die middernagt­elike ure ’n byl optel en van kamer tot kamer deur sy gesin se huis loop . . .

In die laaste paar weke, ná maande se gewonder, is nog lig op die storie gewerp namate getuies die een ná die ander in Henri se moordverho­or begin getuig het.

Martin (54) en Teresa (55) van Breda en hul oudste seun, Rudi (22), is in die vroeë oggendure van 27 Januarie 2015 vermoor. Henri se suster, Marli (18), het die aanval oorleef, maar ernstige kopwonde opgedoen.

In die afwesighei­d van klinkklare bewyse het mense allerlei stories in fluisterst­emme begin rondvertel.

Intussen het die voormalige fisikastud­ent met sy lewe probeer aangaan. Hy het by ’n sjefskool in Kaapstad ingeskryf. Die liefde het geblom tussen hom en ’n nuwe nooi, Daniellé Janse van Rensburg.

En toe, 18 maande ná die moorde, stap Henri die Stellenbos­se polisiekan­toor binne en word hy aangekla weens die moord op sy ouers en broer en die aanval op sy suster. Dit was ook nie lank daarna nie dat Henri en Daniellé saam in die sop beland het toe die polisie hulle met dagga betrap. Hierdie saak is intussen van die rol geskrap. Sy moordverho­or het die wêreld aan die gons. In die hof pak verslaggew­ers die banke elke dag vol en talle belangstel­lendes woon dit by. In sy vaalblou pak en met sy donkerblon­de hare netjies teruggekam, lyk Henri groter as wat ’n mens gedink het. Adv. Pieter Botha behartig sy verdedigin­g. Dié word bygestaan deur adv. Matthys Combrink en ’n prokureur, Lorinda van Niekerk. Vir die staat neem adv. Susan Galloway die voortou, saam met adv. Megan Blows. Eindelik sal regter Siraj Desai beslis of Henri skuldig is al dan nie. DieD mees dramatiese hofsaakh tot dusver vanjaarv is lank nie verby nie. Die verdedigin­g moet nog hul getuies voor die hof roep.r Maar intussen beginb die staat se saak teente Henri nou ál meer ontvou.ont

 ??  ??
 ??  ?? ONDER: Henri van Breda (agter) word verteenwoo­rdig deur advv. Matthys Combrink (links) en Pieter Botha. INLAS REGS: Regter Siraj Desai hoor die saak aan.
ONDER: Henri van Breda (agter) word verteenwoo­rdig deur advv. Matthys Combrink (links) en Pieter Botha. INLAS REGS: Regter Siraj Desai hoor die saak aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa