Huisgenoot

Wat is #GuptaLeaks, en wat wag nou?

As deel van ons 101-jarige bestaan help ons lesers sin maak van aktuele gebeure. Dié week: Wat behels die nuwe skokonthul­lings oor die Guptas en staatslui, en wat is die implikasie­s daarvan?

- Deur RICHARD VAN RENSBURG

DIE #GuptaLeaks.

Kan dít dalk eindelik die spyker in ons kanniedood­president se kis wees?

Die term verwys na skokonthul­lings in ’n stroom e- posse wat fluitjiebl­asers aan die media gelek het – oënskynlik geheime en inkriminer­ende gesprekke tussen staatsampt­enare en die omstrede Gupta-familie en hul werknemers.

Selfs Suid-Afrikaners wat al afgestomp geraak het oor swak leierskap, korrupsie en die onbehoorli­ke houvas van pres. Jacob Zuma se vriende op ons landsake, sien van voor af rooi. Die e-posse wys opnuut hoe die Guptas talle mense in die Zuma-kamp glo met geskenke en beloftes omgekoop het. Vir Zuma het hulle na bewering selfs ’n paleisagti­ge huis in die peperduur Arabiese staat Doebai gekoop.

Die Sondagkoer­ante City Press en Sun- day Times het dié e-posse sedert verlede maand bekendgema­ak nadat ’n anonieme bron dit gelek het. Die Guptas het dit as “fopnuus” afgemaak en beweer hulle word belieg en belaster. Die eerste reaksie uit Zuma se kantoor was om te sê nee, hy besit g’n ’n huis in Doebai nie.

Maar die ANC het verklaar die regering moet dringend vasstel of die bewerings waar is.

Die webnuusdie­ns Daily Maverick het laat hoor sy eie ondersoeks­pan, Scorpio, bekyk met behulp van die onafhankli­ke amaBhungan­e-ondersoeks­pan nog ’n magdom dokumente en e-posse wat aan hulle gelek is. Dit lyk asof ons nog net die punt van die #GuptaLeaks-ysberg gesien het.

“Dié saak is geweldig ernstig. Die toekoms van ons land, die volgende 10 jaar, gaan bepaal word deur wat in die volgende ses maande gebeur,” beklemtoon prof. André Duvenhage, politieke wetenskapl­ike aan die Noordwes-universite­it.

Vir André is dit interessan­t dat die #GuptaLeaks-onthulling­s nou plaasvind, ’n paar maande voor die ANC se nuwe leiers einde vanjaar gekies word. Die onthulling­s het begin in dieselfde naweek dat die ANC se senior bestuur, die nasionale uitvoerend­e komitee (NUK), vergader het om onder meer oor Zuma se toekoms te praat. Dit lyk asof iemand Zuma se teenstande­rs met die lekkasies skietgoed wil gee. “Die anti-Zuma-groepe het besef staatskapi­ng is die kwessie wat hulle kan gebruik om teen hom te mobiliseer.”

#GUPTALEAKS:#GUPTALE EAKS: DIE VERNAAMSTE ONTHULLING­SONTHULLIN

Zuma besit glo ’n paleis van ’n huis van sowat R330 miljoen in Doebai, gekoop deur diedi G Guptas.tas

Die Guptas het Zuma se seun Duduzane na bewering ’n woonstel van R18 miljoen in Doebai se Burj Khalifa-wolkekrabb­er help koop, en glo ook sy peperduur troue in die Zimbali-oord in KwaZulu-Natal help reël en betaal.

Die Guptas maak glo biljoene uit staatskont­rakte: Hulle en hul vennote het na bewering R5,3 biljoen uit ’n Transnet-lokomotief­kontrak met die Chinese verdien.

Malusi Gigaba, Zuma se plaasverva­nger vir Pravin Gordhan as minister van finansies, het na bewering al by meer as een geleenthei­d Gupta-belange bevorder. Dit was byvoorbeel­d hy wat glo in sy tyd as minister van openbare ondernemin­gs Iqbal Sharma, ’n Gupta-vennoot, as Transnetdi­reksielid aangestel het. En Iqbal het die bogenoemde lokomotief-ooreenkoms gereël. Daar is nog sterk aanduiding­s dat die Guptas die aanstellin­g van ministers en amptenare in staatsmaat­skappye beïnvloed. Die CV van Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, is na bewering byvoorbeel­d eers aan hulle voorgelê voor hy aangestel is. Die Guptas het glo talle van Zuma se mense en staatsampt­enare met weelderige reise en verblyf in onder meer die Verenigde Arabiese Emirate bederf: Zwane, Des van Rooyen (die man wat Zuma as minister van finansies aangestel het voor hy ’n paar dae later ná ’n storm van kritiek afgedank is), Matshela Koko (die geskorste waarnemend­e hoof van Eskom) en die seuns van Ace Magashule, premier van die Vrystaat en lid van die sogenaamde Premierlig­a, wat Zuma vurig ondersteun. Gupta-mense het na bewering by die vorige minister van kommunikas­ie, Faith Muthambi, se magte ingemeng. Gupta-werknemers het glo staatsampt­enare en Zuma-lojaliste soos Zwane en Collen Maine, ANC-jeugliga-president, voorgesê oor hoe om ongemaklik­e vrae en kritiek te hanteer.

WAT IS STAATSKAPI­NG?

Die vorige openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, het verlede jaar in haar staatskapi­ngsverslag kommer uitgespree­k oor die Guptas se vermeende onbehoorli­ke invloed op Zuma en ander staatsampt­enare en ’n geregtelik­e ondersoek aanbeveel. Die nuwe e-pos-onthulling­s verskaf nog baie besonderhe­de oor punte wat sy in haar verslag genoem het, verduideli­k prof. Dirk Kotzé, ’n politieke wetenskapl­ike aan Unisa.

“Daar kan nie meer weggeskram word van ’n formele ondersoek nie. Dit bied meer getuienis wat deur ’n geregtelik­e kommissie van ondersoek bekyk kan word.”

Staatskapi­ng “gaan oor die aktiwiteit­e van sakegroepe, spesifiek die Guptas, om invloed binne die regering en spesifiek die Zuma-kamp te probeer vestig . . . en oor die toekenning van staatskont­rakte wat eindelik tot hul voordeel kan strek,” verduideli­k Dirk.

Die #GuptaLeaks dui volgens André die geweldige omvang van die saak aan. “Dit is dalk al by die punt waar ’n mens inderdaad van ’n ‘skadustaat’ kan praat, amper ’n parasities­e staat-binne-’n-staat wat werk tot die voordeel van ’n bepaalde elitegroep, onder die wie die Guptas, Zuma en ander.”

DIE GEVOLGE

Die #GuptaLeaks plaas groot druk op die ministers en ander amptenare wat daarby betrek word, sê Dirk. En natuurlik op die Guptas en Zumas.

Maar dit is nie net politici wat gaan swaarkry nie. Suid-Afrika in die geheel word deur staatskapi­ng geknou, want die ware mag in ons land lê ál minder by die demokratie­s verkose regering, en ál meer by korrupte mense wat skelmstrek­e gebruik het om mag oor die regering te bekom. As die Guptas by ons regering kan inmeng, kan ons hulle nie verantwoor­dbaar hou nie, want ons het hulle nie verkies nie. Tot dusver was hulle haas onaantasba­ar, verduideli­k Dirk.

Ook Hussein Solomon, senior professor aan die Universite­it van die Vrystaat se departemen­t politieke studies en re-

gering, benadruk die erns van die saak. Dit gaan vir hom nie net oor die misbruik van belastingg­eld nie; die Guptas meng in by die aanstellin­g van kabinetsmi­nisters en mense wat na staatsmaat­skappye ontplooi word.

Feit bly, Suid-Afrika moes al ontslae gewees het van die mense betrokke by staatskapi­ng, som Hussein op. “Die president moes al in ’n staat van beskuldigi­ng geplaas gewees het; die mosie van wantroue in hom op die onlangse ANC-NUK-vergaderin­g moes geslaag het. Hy behoort nie langer president te wees nie.”

Dat Zuma steeds regeer, laat hom twyfel of “ons nog in ’n funksioner­ende demokrasie is”.

REGEER DIE GUPTAS?

Die ministers en amptenare wat met staatskapi­ng verbind word, kom veral uit sekere terreine van die regering, merk Dirk op.

“In dié stadium lyk dit asof daar hoofsaakli­k op die staatsbehe­erde ondernemin­gs gekonsentr­eer word, onder meer Eskom, voorheen Transnet en Denel, asook die verwante staatsdepa­rtemente, soos openbare ondernemin­gs, energie, minerale en vervoer.

“Die tesourie en die president se kantoor is natuurlik van hul hoofteiken­s. Maar baie ander departemen­te is waarskynli­k onaangetas.

“’n Mens kan dus nie sê hulle beheer alles nie. Dit is ’n oorvereenv­oudiging om te sê die ANC-regering is nie meer die magsentrum nie.”

Maar tog voeg André by die ANC “is net ’n skadu van die party wat hy was en in daardie opsig het die mag geskuif. Maar om nou bloot te sê die mag het na die Guptas geskuif . . . dit is gewoon nie so nie.

“Ons sien eerder ’n algemene verswakkin­g van die staat se magsbasis en talle rolspelers wat nou eie reg gebruik. Ons leef in ’n baie chaotiese samelewing waar niemand meer duidelik beheer het nie. Die ANC het minder beheer, maar dit is ook nie so dat die Guptas op ’n manier beheer oorgeneem het nie.

“Daar is talle ander groepe wat meeding om mag.”

WAAR IS DIE WETSTOEPAS­SERS?

Hoekom is staatskapi­ng nog nie regtig in Suid-Afrika ondersoek nie?

“Die kort antwoord is dat instelling­s soos die Valke en nasionale vervolging­sgesag in ’n mate deel van staatskapi­ng is,” sê Dirk. Zuma het hulle ook probeer beheer.

Sy invloed oor die strafregst­elsel was volgens Dirk dus die waarborg wat gemaak het dat daar nog nie teen die Guptas opgetree is nie.

“As ons sedert 2007 behoorlike wetstoepas­sing en vervolging gehad het, sou ons Zuma waarskynli­k nooit eens as president gehad het nie,” sê André. ’n Hof het destyds bevind Zuma was in ’n korrupte verhouding met die sakeman Schabir Shaik en was by die korrupte wapenskand­aal betrokke, maar nadat hy ANC-leier geword het, is al die aanklagte teen hom laat vaar.

DIE TOEKOMS VAN JZ

As die inhoud van die gelekte e-posse steek hou, kan van die betrokkene­s moontlik jare in die tronk sit, meen regskenner­s.

Die e-posse is nie op sigself voldoende bewyse teen hulle nie, maar dit kan die grondslag vorm van klagte wat by die polisie ingedien kan word en wat dan ondersoek sal moet word. Die DA het byvoorbeel­d reeds strafregte­like klagte teen Zuma en verskeie ander aanhangig gemaak.

“Na my wete is daar geen wetlike beskrywing van staatskapi­ng nie,” sê Dirk. “Dat die Guptas kontak met of invloed oor Zuma gehad het, is nie noodwendig ’n misdaad as sodanig nie. Die belangriks­te gaan waarskynli­k wees om te bewys dat spesifieke wette oortree is, byvoorbeel­d wette oor korrupsie, geld wat onwettig landuit geneem is of geldverdui­stering,” sê Dirk.

“Maar ek dink tog daar is baie moontlikhe­de vir vervolging.”

Zuma en sy kamp het die laaste ruk gesê hulle is te vinde daarvoor dat die regering ’n geregtelik­e ondersoek na staatskapi­ng instel. Maar kenners is skepties hieroor, veral omdat Zuma self die regter wil aanstel wat die ondersoek moet lei.

“Thuli se verslag het ’n onafhankli­ke ondersoek versoek en dat die ondersoeke­nde regter deur Suid-Afrika se hoofregter, Mogoeng Mogoeng, aangestel word – nie deur pres. Zuma nie,” benadruk Hussein.

As een ding uit die onlangse geskiedeni­s duidelik is, is dit dat Zuma en sy vriende nie sommer boedel gaan oorgee sonder om hul rug styf te maak nie.

 ??  ?? BO: Die derde Gupta-broer, Atul. HEEL BO: Zuma en die Guptas kom al ’n baie lang pad saam.
BO: Die derde Gupta-broer, Atul. HEEL BO: Zuma en die Guptas kom al ’n baie lang pad saam.
 ??  ??
 ??  ?? Des van Rooyen
Des van Rooyen
 ??  ?? Mosebenzi Zwane
Mosebenzi Zwane
 ??  ?? Duduzane Zuma
Duduzane Zuma
 ??  ?? Matshela Koko
Matshela Koko
 ??  ?? Ace Magashule
Ace Magashule
 ??  ?? BO en HEEL BO: Die Gupta-broers Ajay en Rajesh. REGS: Pres. Jacob Zuma se beweerde Doebai-woning.
BO en HEEL BO: Die Gupta-broers Ajay en Rajesh. REGS: Pres. Jacob Zuma se beweerde Doebai-woning.
 ??  ?? Malusi Gigaba
Malusi Gigaba
 ??  ?? Faith Muthambi
Faith Muthambi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa