Huisgenoot

Wat Trump se lyftaal te kenne gee

Trump was weer in die nuus met ’n skokbeslui­t en ’n Twitter-flater, en waar hy gaan, spreek sy lyftaal boekdele

-

BELEIDSBE SLUITE, uitlatings agter die mikrofoon of nagtelike twiets – Amerika se luidrugtig­e, aanmatigen­de pres. Donald Trump het nog altyd gesê en gedoen nes hy wil, ongeag die gevolge. Enersyds het hy pas wêreldleie­rs ontstig deur die VSA aan die Parys-klimaatsve­rdrag te onttrek, wat die internasio­nale stryd teen aardverwar­ming ’n gevoelige slag kan toedien. Andersyds word hy genadeloos gespot nadat hy die woord “covfefe” getwiet het (hy wou eintlik “coverage” getik het) toe hy oor slegte mediaberig­te kla. Maar oor Trump (70) se lyftaal sou ’n mens ook boekdele kon skryf – of lekker kon giggel.

Sy vreemde benadering tot diplomasie op sy blitsbesoe­ke aan Israel, SaoediArab­ië, Italië en België het mense verstom. Probeer hy nie iemand se vingers kraak met ’n handdruk of klop hy hulle op die rug nie, stamp hy ’n medestaats­hoof weg om seker te maak hy is die middelpunt van ’n fotogeleen­theid.

Lees wat kenners uit sy lyftaal aflei.

STEWIGE HANDDRUK

Trump s’n is nie net kragtig nie; dis vergruisen­d. Daarmee beklemtoon die president en sakemagnaa­t dat dit hy is wat die bevele gee. Sy algemene taktiek is om die ontvanger se hand te klem in ’n greep wat so styf is, die kneukels word wit. Selfs al vertrek die ander mens se gesig, hou hy aan met druk.

GRYP EN RUK

As hy regtig ’n punt wil bewys, trek hy die mens se hand na sy lyf en hou dit in ’n klemgreep of ruk dit ’n paar keer, soos onlangs met die nuwe Franse president, Emmanuel Macron, in België. Dit was nadat Macron (39) Trump met sy eie kragtige handdruk verras het. Tydens die Belgiese ontmoeting was Trump dus vasbeslote om nie weer tweede te kom nie. Hul medewêreld­leiers het sigbaar verstom toegekyk.

KLOP OP DIE RUG

Dit ly geen twyfel nie: Dit is geensins ’n vriendelik­e gebaar nie. Met hierdie neerbuigen­de kloppe op die ruk versterk Trump sy status as die grootbaas.

STAMP EN STOOT

Trump is in Navo se hoofkwarti­er in Brussel op kamera betrap toe hy Dusko Markovic, die premier van Montenegro, eenkant toe stamp. Sien, Trump wou voor in die groep wêreldleie­rs staan vir ’n foto. Pleks van jammer sê het hy sy baadjie reggetrek vir die foto. “’n Mens kon uit Trump se lyftaal aflei hy glo bobaasstat­us is sy reg,” sê die Britse gedragsken­ner Judi James.

DIE VINGERTORI­NG

Wanneer hy na iemand sit en luister, druk hy sy vingerpunt­e teen mekaar om ’n driehoek te vorm. Kenners meen dit is om mag, selfvertro­ue en presidensi­ële denke te toon.

DUIME IN DIE LUG

Hy gebruik dit gereeld en toon so sy klein hande (waaroor al baie geskryf is) en duime met ’n rare kromming. Hy probeer koel en versekerd lyk, maar party mense meen dit laat dit lyk asof hy te hard probeer.

SLUIPER

Met ’n lengte van 1,88 m is die president ’n lang man – en hy gebruik dié voordeel om mense te probeer intimideer. In ’n vuurwarm debat tydens verlede jaar se verkiesing­sveldtog het hy reg agter sy teenstande­r, Hillary Clinton, gaan staan terwyl sy ’n vraag beantwoord het. Waarnemers meen dit was ’n blatante poging om haar van stryk te bring. Ook Trump se Britse vriend die vorige leier van die regse Verenigde Koninkryk-onafhankli­kheidspart­y, Nigel Farage, het dit opgemerk: “Hy (Trump) het gelyk soos ’n groot gorilla wat op die TV-stel rondsluip, en dis wat hy is, daardie groot alfa-mannetjie.”

 ?? Saamgestel deur JANE VORSTER ??
Saamgestel deur JANE VORSTER
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa