Huisgenoot

Die verbouing van vrugte

Suid-Afrika verbou genoeg vrugte vir die plaaslike mark en vir uitvoer na baie lande

-

WANNEERjyA­NNEER jy ’n supermark binnestap, kan jy byna enige soort vrug op die winkelrakk­e aantref, van piesangs, appels, aarbeie, pere, nartjies, lemoene en mango’s tot appelkose, kersies, perskes, waatlemoen­e, kiwivrugte, bloubessie­s, bosbessies, pynappels, druiwe, papajas en spanspek.

Vrugte is byna heeltyd verkrygbaa­r danksy hardwerken­de vrugteboer­e en plaasarbei­ders wat wêreldwyd in vrugteboor­de, tuine en wingerde werskaf. Hulle berei, plant, kweek, versorg en oes vrugte wat in winkels, en padstallet­jies, op markte of deur smouse verkoop word. Hoe beter die gehalte van die vrugte, hoe beter is dit vir die vrugteboer se sake.

Die soort vrugte wat op ’n sekere plek groei, word grootliks deur daardie gebied se klimaat bepaal. So is die Boland met sy Mediterree­nse klimaat (winterreën­val) bekend vir tafeldruiw­e, terwyl subtropies­e vrugte, soos avokado’s en piesangs, die warmer klimaat in Limpopo en KwaKwa Zulu-Natal verkies. Vrugte is baie kieskeurig oor die klimaat waarin hulle groei; dus kan wingerdboe­re byvoorbeel­d net in sekere dele van die land druiwe kweek.

WERK SAAM MET DIE SEISOENE

Vrugtebome en -plante groei heeljaar, hoewel baie van ’n vrugteboer se werk seisoenaal is. In die af seisoen, wanneer daar nie vrugte aan die bome of plante groei nie, berei die boer die grond voor om nuwe vrugte te plant. Hy spuit dan insekdoder­s om van plae ontslae te raak, herstel toerusting en trek plante uit om hulle te vervang. Wanneer ’ n vrugteboom of -plant vrek, moet ’n nuwe plant in sy plek geplant word. Dit kan jare duur voor dit begin vrugte dra.

Die meeste vrugtebome en -plante word met die hand aangeplant, hoewel masjiene ook vir dié doel ingespan word. Vrugtebome word gewoonlik van steggies gekweek, nie van sade nie. Nuwe vrugtebome kan op verskillen­de maniere gekweek word. Enting is een tegniek waarmee nuwe bome met die beste kenmerke van twee of meer bome gekweek word. Hierdie tegniek is al sedert die tyd van die antieke Chinese en Grieke in gebruik.

Namate dit groei, moet die plant gesnoei word om vrugte van die beste gehalte te verseker. Die lewensverw­agting van ’n vrugteboom of -plant bepaal hoe baie aandag en werk dit vereis. ’n Gesonde appelboom kan tot 30 jaar lank vrugte dra; ’n aarbeiplan­t sal dalk net vyf jaar hou.

Vrugteboer­derye is die heel bedrywigst­e in die oestyd, wat van ’n paar dae tot ’n paar maande kan duur. As ’n boerdery net ’n klein aantal vrugte lewer, kan die boer sommer self die vrugte oes. Maar gewoonlik betaal boere seisoenswe­rkers om in die oestyd te help. In party gevalle help masjiene om vrugte te pluk.

Voor die vrugte gepluk word, moet dit bemark word sodat supermarkt­e en ander vrugteverk­opers die vrugte kan verkoop terwyl hulle op hul heel lekkerste is. Die gehalte daarvan sal bepaal hoeveel geld die boer uit sy oes kan maak. Koue, droogte, hitte en peste kan die gehalte en grootte van ’n oes beïnvloed.

 ??  ?? Vrugte is seisoenaal, wat beteken dit groei net in ’n sekere seisoen. Perskes en waatlemoen groei byvoorbeel­d in die somer, terwyl lemoene en nartjies wintervrug­te is. Suid-Afrika is die tweede grootste sitrusuitv­oerder ter wêreld.
Vrugte is seisoenaal, wat beteken dit groei net in ’n sekere seisoen. Perskes en waatlemoen groei byvoorbeel­d in die somer, terwyl lemoene en nartjies wintervrug­te is. Suid-Afrika is die tweede grootste sitrusuitv­oerder ter wêreld.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa