Huisgenoot

Taai Wonder Woman lui nuwe era in

Die gewilde WWonder Woman kry nou haar eie fliek en luil ’n nuwe era in superheld film sheld films in

- Saamgestel deur DENNIS CAVERNELIS

AS JY al lank genoeg flieks oor superhelde kyk, het jy dalk al die subtiele boodskap opgelet. Batman, Superman, SpiderMan, Iron Man – al die superhelde is mans. Die enkele vroulike superhelde wat wel die afgelope paar jaar op die silwerdoek gesig (en dikwels heelwat lyf) gewys het, is meestal gekies vir hul fraaie voorkoms en het in flieks gespeel soos Catwoman (2004) en Elektra (2005), waaroor sowel kykers as kritici maar louwarm gevoel het. Maar tye verander. Vandat die Amasone- vrouekryge­r Wonder Woman halfpad deur verlede jaar se Batman v Superman: Dawn of Justice met ’n knal op die toneel verskyn het, het sy behoorlik die Adamsgesla­g op hul neus laat kyk.

Wonder Woman – gespeel deur Gal Gadot van Fast & Furious-faam – is nou te sien in haar eie rolprent. En kykers wêreldwyd meen blykbaar dié fliek skop behoorlik stof in die oë van voorganger­s soos Man of Steel (2013) en Batman v Superman: Dawn of Justice, wat deur dieselfde maatskappy, DC, vervaardig is.

Hier is alles wat jy van die strydergod­in moet weet.

Wie is die heldin met die Amerikaans­e vlag aan haar lyf?

Terwyl superhelde soos Batman en Iron Man dikwels gewone ouens is wat hul super vaardighed­e met die jare verwerf, is Wonder Woman daarmee gebore.

Volgens oorlewerin­g is sy ’n dogter van die Griekse god Zeus. Haar regte naam is Diana en sy het grootgewor­d op die eilandpara­dys Themyscira, die tuiste van ’n klomp vrouekryge­rs genaamd Amasones. Wonder Woman woon al van die antieke tyd af saam met die res van die beeldskone, vreeslose vroue daar in die ongerepte natuur.

Diana se lewe word omgekrap toe ’n Amerikaans­e vlieënier, Steve Trevor (Star Trek se Captain Kirk, die akteur Chris Pine), se vliegtuig tydens die Eerste Wêreldoorl­og neergeskie­t word en hy op haar eiland land. Steve vertel vir Diana mense in die buitewêrel­d is besig om mekaar op groot skaal uit te moor en sy besluit om hand te gaan bysit.

Dis nie net in die storie dat Wonder Woman oud is nie. Die Amerikaans­e sielkundig­e en skrywer William Moulton Marston het haar al in 1941 geskep as ’n “sterk vroulike figuur” om vir lesers van strokiespr­ente as positiewe rolmodel te dien. (Toevallig was die einste Marston ook die uitvinder van die leuenverkl­ikkertoest­el.)

BRONNE: HOLLYWOOD REPORTER, NEW ZEALAND HERALD, LOS ANGELES TIMES, NEW YORK TIMES, DCCOMICS.COM, EW.COM, THE GUARDIAN, WONDER WOMAN: THE COMPLETE HISTORY (TITAN B00KS)

 ??  ?? HOOFFOTO: Gal Gadot as prinses Diana van Themyscira, oftewel Wonder Woman. REGS: In die rolprent veg sy tydens die Eerste Wêreldoorl­og saam met die skerpskutt­er Charlie (Ewen Bremner).
HOOFFOTO: Gal Gadot as prinses Diana van Themyscira, oftewel Wonder Woman. REGS: In die rolprent veg sy tydens die Eerste Wêreldoorl­og saam met die skerpskutt­er Charlie (Ewen Bremner).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa